Langasems ontvang erkenning

Gepubliseer: 8 Februarie 2022
Valerie Cilliers, redakteur, SA Graan/Grain

853

‘n Lang verbintenis aan ’n organisasie toon ’n sterk geloof in die waarde en etos van daardie organi­sasie. Graan SA verskaf kommoditeitstrategiese ondersteuning en dienste aan Suid-Afrikaanse graanprodusente – en aan die voorpunt van hierdie missie is die spanlede wat onverpoosd werk om ’n volhoubare landbousektor te ondersteun.

By Graan SA se 2021-jaarafsluiting is die langdienstoekennings vir 2020 en 2021 oorhandig. Die volgende spanlede is vereer:

Foto 1: Vir 25 jaar se getroue diens aan Graan SA ontvang Nico Vermaak sy besonderse toekenning van Jannie de Villiers.
Foto 2 en 3: Wim Venter en Marina Kleynhans is albei reeds 20 jaar in diens van Graan SA. Dr Dirk Strydom het hulle gelukgewens.
Foto 4 en 5: Vir 15 jaar se betrokkenheid by Graan SA ontvang Corné Louw en Patricia Zimu hulle toekennings ook van dr Dirk Strydom.
Foto 6: Jannie de Villiers, voormalige HUB van Graan SA het ook sy 10-jaartoekenning van
dr Pieter Taljaard, die huidige HUB, ontvang.
Foto 7: Dr Dirk Strydom wens Annemarie de Beer geluk met haar toekenning vir tien jaar
se diens.