Beheer van onkruide in mielies en koring – Deel 6: Beesgras (Herringbone grass)

2347
Saailing.
Kartelende blare.
U. panicoides en U. Mosambicensis.
Volwasse plant.

Wetenskaplike naam: Urochloa panicoides
Afrikaanse naam: Beesgras, Tuin urochloa
Engelse naam: Herringbone grass, Garden urochloa

Kort beskrywing

Beesgras is ‘n eenjarige, inheemse polgras wat baie algemeen voorkom. Blare vertoon kort en breed met ‘n kenmerkende karteling wat aan die kante van die blare waargeneem kan word vanaf saailingstadium. Alhoewel die gras ‘n polagtige groeiwyse het, kan dit tot 90 cm hoog groei in gunstige omstandighede. Die bloeiwyse (grashalm) wissel tussen twee tot sewe are waarop die sade in twee reëlmatige rye, afwisselend gerangskik is. Stingels (of lopers) van volwasse plante vertoon dikwels ‘n kenmerkende rooi-pers kleur.

Urochloa mosambicensis (Bosveldbeesgras/Bushveld herringbone grass) kom ook algemeen voor en die verskil tussen die spesies kan veral in die bloeiwyses gesien word.

Verspreiding

Beesgras word beskou as een van die vier “landsgrasse” weens die wye verspreiding en algemene voorkoms van die gras in meeste gewasse. Daar word beweer dat die gras meer volop voorkom op kleigronde, maar dat dit ‘n strawwe mededinger kan wees op enige grondtipe waar infestasievlakke hoog is. Hierdie gras versprei slegs deur saad en kiem hoofsaaklik vroeg in die lente.

TABEL 1: Onkruiddoders geregistreer op mielies vir die beheer van beesgras.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
acetochlor 700 gram/liter

750 gram/liter

840 gram/liter

900 gram/liter

960 gram/liter

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms van gewas
acetochlor/atrazine/simazine 160/165/165 gram/liter Voor-opkoms, tydens of net na plant
acetochlor/atrazine/terbuthylazine 125/187,5/87,5 gram/liter

150/225/225 gram/liter

178,6/160,7/160,7 gram/liter

250/225/225 gram/liter

350/175/175 gram/liter

Voor-opkoms, met plant of binne drie dae na plant
Vroeg na-opkoms nie later as vierblaar-stadium van die onkruid nie
acetochlor/EPTC 150/350 gram/liter Voor-opkoms van onkruid en gewas
alachlor 384 gram/liter

480 gram/liter

Voor-opkoms, tydens of net na plant
alachlor/atrazine 336/144 gram/liter Voor-opkoms, tydens of net na plant
atrazine/cyanazine 167/333 gram/liter

250/250 gram/liter

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms
atrazine/mesotrione/s-metolachlor 208,5/26,8/208,5 gram/liter Voor-opkoms van onkruid en gewas
atrazine/metolachlor 300/300 gram/litrer Voor-opkoms, binne drie dae na plant
atrazine/s-metolachlor 370/290 gram/liter Voor-opkomstoediening binne drie dae na plant
atrazine/sulcotrione 300/125 gram/liter Voor- of na-opkoms toegedien
atrazine/terbutryn 250/250 gram/liter Voor-opkoms tydens plant of net na plant
dicamba/topramezone 160/50 gram/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrazine of atrazine/terbuthylazine
EPTC 720 gram/liter Voor-plant, ingewerk in grond. Raadpleeg etiket
flumetsulam 200 gram/liter

800 gram/kg

Voor-opkoms, gebruik in tenkmengsel met metolachlor of s-metolachlor
flumetsulam/s-metolachlor 20/630 gram/liter Met-plant toegedien of binne drie dae na plant
glifosaat/mesotrione/s-metolachlor 250/25/250 gram/liter Na-opkoms, slegs op glifosaat-tolerante kultivars
mesotrione 480 gram/liter Voor- of na-opkoms. Gebruik slegs in tenkmengsel van atrazine, atrazine/terbuthylazine, s-metolachlor
mesotrione/s-metolachlor 83,3/416,7 gram/liter Voor-opkoms van onkruid en gewas
metolachlor 800 gram/liter

840 gram/liter

915 gram/liter

950 gram/liter

Voor-opkoms, binne drie dae na plant
metribuzin 480 gram/liter Na-opkoms wanneer onkruide aktief groei, vier- tot sesblaar-stadium
nicosulfuron 240 gram/liter

40 gram/liter

Na-opkoms wanneer gewas twee- tot sesblaar-stadium is
s-metolachlor 915 gram/liter

960 gram/liter

Voor-opkoms, binne drie dae na plant
s-metolachlor/terbuthylazine 312,5/187,5 gram/liter Vroeg na-opkoms, in tenkmengsel met mesotrione
topramezone 336 gram/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrazine of atrazine/terbuthylazine

 

TABEL 2: Onkruiddoders geregistreer op koring vir die beheer van beesgras.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
trifluralin* 480 gram/liter Gebruik slegs in geplante lande. Dosis hang af van onkruidspesie

* Let wel: Maak altyd seker op die onkruiddoderetiket of die spesifieke onkruiddoder geregistreer is vir gebruik op die genoemde onkruidspesie. Slegs sommige handelsname is geregistreer vir die beheer van beesgras.
Slegs geregistreerde doders mag gebruik word.

Beheer

Bewerking
Vroegtydige vlakbewerking kan vroeg in die lente gedoen word aangesien sade vlak in die grondprofiel voorkom en van die eerste grasse kan wees wat ontkiem.

Chemies
Meeste voor- en na-opkoms grasonkruiddoders kan gebruik word om beesgras effektief te beheer. Wanneer grasse egter na-opkoms beheer word, moet die bespuitings so vroeg as moontlik gedoen word tussen die twee- tot vierblaar-stadium. Wanneer beesgras begin pol, kan beheer minder effektief wees.

Kontak die skrywers by elbe.hugo@syngenta.com (Elbe Hugo) en deweth@arc.agric.za (Hestia Nienaber).