Beheer van onkruide in mielies en koring – Deel 5: Gewone misbredie (common pigweed)

3164
Saailing.
Volwasse plant.

 

Blompakkies en saad.
Blom-aar.

Wetenskaplike naam: Amaranthus hybridus
Afrikaanse naam: Gewone misbredie, Kaapse misbredie, hanekam
Engelse naam: Common pigweed, Cape pigweed, redshank

Kort beskrywing

Gewone misbredie is ‘n eenjarige, kruidagtige onkruid wat so hoog as 90 cm kan groei, maar kan nog langer groei onder warm, subtropiese toestande.

Stingels is groen tot bruin en soms rooi getint, met helder diep-groen, enkelvoudige teenoorstaande blare. Blare is breed, lansetvormig, 6 cm lank en 3 cm breed.

Blaarare is duideliker gedefinieerd aan die onderkant van die blare.

Blomme kom aan die bo-punt van stingels voor en is eenslagtig en vertoon soos ‘n “blom-aar”. Die manlike blomme kom meer aan die bo-kant van die blom-aar voor, met talryke vroulike blomme aan die onderkant. Blink, donkerbruin tot swart lensvormige sade word gehuisves in klein blaasvruggies.

Verspreiding

Dit is een van die algemeenste en volopste onkruide wat in bewerkte lande in Suider-Afrika voorkom. In Suid-Afrika word gewone misbredies in beide somer- en winterreënvalstreke aangetref.

TABEL 1: Breëblaar-onkruiddoders geregistreer op mielies vir die beheer van gewone misbredie.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
2,4-D 480 g/liter Voor-opkomstoediening vyf tot ses dae na plant. Na-opkoms wanneer gewas 30 cm hoog is, gebruik andersins valarms vir gerigte bespuitings
2,4-D/dicamba 240/80 g/liter Na-opkoms wanneer onkruide aktief groei, vyf- tot sesblaar-stadium
acetochlor/atrazine/simazine 160/165/165 g/liter Voor-opkoms tydens of net na plant
acetochlor/atrazine/terbuthylazine 125/187,5/87,5 g/litrer

150/225/225 g/liter

200/150/150 g/liter

250/225/225 g/liter

350/175/175 g/liter

Voor-opkoms met plant of binne drie dae na plant. Vroeg na-opkoms nie later as vierblaar-stadium van onkruid
atrazine 500 g/liter

900 g/kg

Voor-opkoms op goed voorbereide saadbed

Vroeg na-opkoms, tweeblaar-stadium van onkruid

atrazine/cyanazine 167/333 g/liter

250/250 g/liter

Voor-opkoms of vroeg na-opkoms
atrazine/mesotrione/s-metolachlor 208,5/26,8/208,5 g/liter Voor-opkomstoediening
atrazine/metazachlor/terbuthylazine 210/60/210 g/liter Voor-opkoms, binne drie dae na plant. Kan opgevolg word met vroeg na-opkoms bespuiting
atrazine/metolachlor 300/300 g/liter Voor-opkomstoediening binne drie dae na plant
atrazine/metolachlor/terbuthylazine 174/252/174 g/liter Voor-opkoms of vroeg na-opkoms voor breëblaaronkruid vierblaar-stadium bereik het
atrazine/s-metolachlor 370/290 g/liter Voor-opkomstoediening net na plant
atrazine/s-metolachlor/terbuthylazine 262,5/175/262,5 g/liter Voor-opkomstoediening
atrazine/sulcotrione 300/125 g/liter Voor- of na-opkoms toegedien
atrazine/terbuthylazine 250/250 g/liter

270/270 g/liter

300/300 g/liter

450/450 g/kg

Voor-opkoms of na-opkoms voor vierblaar-stadium van onkruid
atrazine/terbutryn 250/250 g/liter Voor-opkoms tydens plant of kort na plant
bendioxide 480 g/liter Na-opkomstoediening
bromoxynil 225 g/liter

400 g/liter

450 g/liter

500 g/liter

Na-opkoms van onkruid tussen die vier- tot sesblaar-stadium
bromoxynil/terbuthylazine 150/333 g/liter Na-opkomstoediening
dicamba 480 g/liter

700 g/kg

Na-opkoms tot gewas 30 cm hoog is
dicamba/tropamezoon 160/50 g/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrazine of atrazine/terbuthylazine
EPTC 720 g/kg
200 g/liter
Voor-plant, ingewerk in grond. Raadpleeg etiket
flumetsulam 800 g/kg Voor-opkoms, gebruik in tenkmengsel met metolachlor of s-metolachlor
flumetsulam/s-metolachlor 20/630 g/liter Met-plant toegedien of binne drie dae na plant
glifosaat/mesotrione/s-metolachlor 250/25/250 g/liter Na-opkoms slegs op glifosaat-tolerante kultivars
halosulfuron 750 g/kg Na-opkomstoediening
linuron 500 g/liter Na-opkoms as ‘n gerigte bespuiting wanneer onkruide tussen 50 cm – 75 cm hoog is en gewasse tussen 35 cm – 50 cm hoog is
MCPA 400 g/liter

700 g/kg

Voor-opkoms binne vyf tot ses dae na plant. Na-opkoms tot gewas 30 cm hoog is
mesotrione 480 g/liter Voor- of na-opkoms. Gebruik slegs in tenkmengsel van atrazine, atrazine/terbuthylazine of s-metolachlor
mesotrione/s-metolachlor 83,3/416,7 Voor-opkomstoediening
s-metolachlor/terbuthylazine 102,8/497,2 g/liter

312,5/187,5 g/liter

Voor-opkomstoediening

Vroeg na-opkoms, in tenkmengsel met mesotrione

metribuzien 480 g/liter Na-opkoms tussen die vier- tot sesblaar-stadium van onkruid in tenkmengsel met 2,4-D of bromoxynil
pyraflufen-ethyl 20 g/liter Na-opkoms, wanneer onkruid tussen blaarstadium twee tot vier is, Slegs in tenkmengesl met MCPA of bromoxynil
tembotrione/isoxadifen-ethyl 420/120 g/liter Na-opkomstoediening in tenkmengsel met atrazine
terbuthylazine 500 g/liter Na-opkomstoediening saam met 2,4-D/dicamba
trifluralin 480 g/liter Voor-opkomstoediening
tropamezoon 336 g/liter Vroeg na-opkoms voor sesblaar-stadium, gebruik in tenkmengsel met atrazine of atrazine/terbuthylazine

TABEL 2: Onkruiddoders geregistreer op koring vir die beheer van gewone misbredie.

Aktiewe bestanddeel Formule Tyd van toediening
2,4-D 480 g/liter Na-opkoms wanneer gewas tussen groeistadium sewe tot 13 is
2,4-DB 400 g/liter Ondergesaaide lusern in graangewasse, koring moet tussen blaarstadium vyf en volledige stoelstadium wees, lees die etiket
2,4-D/dicamba 240/80 g/liter Na-opkoms wanneer gewas tussen groeistadium sewe tot 13 is
bendioxide 480 g/liter Na-opkomstoediening wanneer onkruid aktief groei
bromoxynil 225 g/liter

400 g/liter

450 g/liter

500 g/liter

Na-opkoms voor sesblaar-stadium van onkruid en tussen drieblaar en stoelfase van gewas
chlorsulfuron/metsulfuron-methyl 375/300 g/kg Onkruid in blaarstadium drie tot vier
dicamba 700 g/kg Na-opkoms slegs toegedien in tenkmengsel met Enhancer (10 g – 12 g) en Reaper (10 g)
halosulfuron 750 g/kg Na-opkomstoediening
fluroxypyr/triclopyr 240/120 g/liter Onkruid in blaarstadium twee tot agt
MCPA 400 g/liter

700 g/kg

Na-opkoms wanneer gewas tussen groeistadium sewe tot 13 is
pyraflufen-ethyl 20 g/liter Na-opkoms wanneer onkruid tussen twee- tot vierblaar-stadium is. Gebruik slegs in tenkmengsel met MCPA of bromoxynil
trifluralin 480 g/liter Voor-plant toegedien

Beheer

Bewerking
Gewone misbredies word maklik beheer deur vlakbewerking wanneer onkruide nog in die saailingstadium is.

Chemies
Verskeie voor-en na-opkomsbreëblaaronkruiddoders kan gebruik word om gewone misbredies effektief te beheer (Tabelle 1 en 2).

Kontak die skrywers by elbe.hugo@syngenta.com (Elbe Hugo) en deweth@arc.agric.za (Hestia Nienaber).