NAMPO loer om die deur

Rentia Mynhardt, SA Graan/Grain-redakteur
Gepubliseer: 16 April 2026

46

Wanneer jy hierdie tyd van die jaar die byt in die lug begin voel en sien hoe die son al hoe vroeër sy kop begin wegsteek, weet jy één ding: Dis amper-amper tyd vir NAMPO!

Om jou gemoedstemming in die rigting van Bothaville te begin instel, is die NAMPO-Gids saam met hierdie uitgawe van SA Graan/Grain beskikbaar. Kyk uit vir jou kopie hiervan by die volgende verspreidingspunte op NAMPO Park waar jy dit saam met ’n warm koppie koffie kan geniet terwyl jy jou dag beplan:

  • Graan SA-ledelokaal
  • NAMPO-inligtingstoonbank
  • Mediasentrum
  • Graan SA-museum
  • Voorsitter-onthaalarea

Ons sien daarna uit om jou by die Oesdag op die Vrystaatse vlaktes raak te loop vanaf 12 tot 15 Mei!