SA GRAAN LOER IN BY ADVERTEERDERS

Gepubliseer: 4 Augustus 2025

440
Senior employees of Santam Agricultural Insurance, Akhona Nikiwe (regional manager: North; left), Elias Sekobane (business development coordinator) and Jako Rousseau (regional manager: Lichtenburg) welcomed visitors to their newly-built premises at NAMPO Park. These premises provide Santam brokers the opportunity and space to privately interact with their clients.
Laubstar Fleet Services is jou vervoervennoot – of dit nou by voertuie, onderdele, dienste of naverkopediens kom. UD Trucks, wat onder Laubstar Fleet Services sorteer, het van hulle produkte op NAMPO Park uitgestal. Hier staan Reytjie Laubscher (besturende direkteur van Laubstar; middel) en sy vrou, Marné, wat Laubstar se bemarking hanteer, saam met Reuben de Villiers (nuwevoertuigverkope: UD Trucks) gereed om in kliënte se vervoerbehoeftes te voorsien.
LEMKEN-personeel, Anna du Plessis (bemarkingsbestuurder), Jaco du Toit (tegnikus; middel) en Gerrit van Rensburg (areabestuurder) het besoekers vriendelik by hul standplaas ontvang. LEMKEN het die Thulit- nierysensitiewe skoffel tydens NAMPO bekend gestel. Hierdie nuwe toevoeging tot die reeks word gebruik vir meganiese onkruidbeheer.
Phumela Xanywa (Nedbank se uitvoerende hoof van kommersiële verkope) en Herman de Kock (uitvoerende hoof van middel-korporatiewe banksake) het reggestaan om besoekers met advies te bedien rakende ’n unieke finansieringsproduk spesifiek gemik op volhoubare landbou. Finansiering van alternatiewe energie, verantwoordelike gebruik van water en investering in volhoubare produksie is vir Nedbank die belangrikste fokuspunte.
Brett Muirhead (landboukundige; links), Marilyn McDermott (landbou­kundige) en Petrus van Rooyen (verkoopsbestuurder) van Limagrain Zaad Suid-Afrika het besoekers van inligting oor hulle produkte voorsien. Hierdie multigewasmaatskappy, nou reeds 60 jaar wêreldwyd in die bedryf, lewer sedert 2019 déúr die produsent vír die produsent in Suid-Afrika ’n diens en produk wat reeds deur sowat 1 300 produsente ondersteun word.
Safari Outdoor se stalletjie was behoorlik ’n miernes van bedrywighede. Blundstone-produkte, wat na ses jaar terug is in Suid-Afrika, asook meer as 70 vuurwapenhandelsmerke was van die trekpleisters. Die sterkman­kompetisie het verder vir groot opwinding gesorg. Hier moedig Stefan Rall (algemene bestuurder van Safari Outdoor; links) en Arno Jordaan (sanger en vriend van Safari Outdoor) besoekers aan om deel te neem.
Engen Petroleum se vriendelike agriverkoopspan glo dat Engen Petroleum altyd aan die beweeg sal bly juis omdat landbou en dit wat op plase gebeur altyd aan die beweeg is. Hulle staan by die Engen Petroleum-museum wat die stalletjie tydens die NAMPO Oesdag aan die beweeg gehou het.
New Holland se uitstalling het produsente gewys waarom dié handelsmerk in­gestel is op die voorste tegnologie. Hier staan Derrick Coetzee (produkspesialis; links), Paul Duffy (besigheidsdirekteur: New Holland) en Jaco du Preez (bemar­kingsbestuurder) by ’n stroper in die CR-reeks. Met 50 jaar se ondervinding in Twinrotor-tegnologie kan dié stroper meer as 50 verskillende gewasse stroop.
Shell SA’s exhibition attracted young and old with fun activities such as spin the wheel and even flying a drone inside a see-through box. Shell’s lubricant and fuel products speak directly to the producer with their motto: ‘We support the farmer of the future.’ Benedicta Mankhili (Shell Lubricants: B2B marketing manager; left), Mark Cronjé (indirect channel account manager) and Rebecca Masoma (B2C marketing lead) gave visitors a friendly welcome.
Tubestone understands farming challenges and the diversity of farming. They want to offer the producer a solution that is affordable, good quality and reliable. The company prides itself on its excellent customer service, which could be seen in the way Sergio Medina (sales director; left), Carel Kruger (operations director) and Pieter Kruger (managing director) welcomed visitors to their stand. Tubestone strives to exceed expectations, and maintains a reputation as one of the best after-care providers in the business.