Enige suksesvolle produsent beskik oor betroubare gereedskap en werktuie – of dit nou ’n ingewikkelde trekker of ’n bossiekapper is. Daar is ’n paar sleutelfaktore wat in gedagte gehou moet word om te verseker dat toerusting betroubaar is, soos die regte tipe instandhouding en tydige vervanging indien nodig.
Toerusting moet wetenskaplik bestuur word, byvoorbeeld om die onderhoud daarvan so te bestuur dat implemente beskikbaar is wanneer dit nodig is. Onderhoudskedules met inligting soos die tipe toerusting, ouderdom, aanwending en algemene toestand word gebruik om onderhoud akkuraat te skeduleer en stel produsente in staat om proaktief te beplan.
Ten einde toerusting so effektief as moontlik oor die verwagte leeftyd te bestuur, word goeie inligting benodig om te weet wanneer instandhoudingskoste buitensporig raak en of vervanging nodig is. Akkurate meting van faktore soos afstand afgelê, brandstofverbruik, werkverrigting en die koste van dienste is nodig om die besluitnemingsproses te ondersteun. Indien die inligting rakende toerusting, insluitend onderhoud, in ’n stelsel bestuur word, is dit ook moontlik om die aankoop van spaaronderdele beter te beplan. Fyn beplanning in hierdie verband verseker dat daar nie te veel kapitaal in die onderdelestoor gehou word nie, maar dat genoeg spaaronderdele beskikbaar is wanneer dit benodig word.
Die meeste geïntegreerde stelsels kan ook gebruik word om aankope en gebruik te bestuur. Die produsent beskik gevolglik oor ʼn volledige stel inligting om in besluitnemingsprosesse te benut.
Verder kan moderne inligtingstelsels die profiel en bestuurspatroon van ’n trekkerbestuurder aan die werkverrigting en brand stofverbruik van die trekker koppel. Die inligting kan doeltreffend benut word om gedragspatrone en uitsonderings uit te wys sodat regstellende stappe, soos verdere opleiding van bestuurders, gedoen kan word.
Moderne besigheidstelsels se funksionaliteit vergemaklik dus die bestuur van toerusting as ʼn bate teenoor die blote gebruik daarvan – en verseker dat dit nie ’n las word nie.
iPlan spesialiseer in die implementering van besigheidstelsels vir die landbousektor met opsies vir kleinboere tot megaboerderye. Kontak ons gerus om opsies te ondersoek. Ons het die nodige kundigheid om besigheidstelsels volledig te implementeer en te ondersteun.
Besoek gerus https://iplan.global/industries/agriculture of skakel ons by 087 702 6369.
Kontak alternatiewelik vir Nico Palm by 083 417 7207 of nicopalm@iplan.global
Web adres: www.iplan.global
E-pos adres: info@iplan.global
https://www.facebook.com/iPlanGlobal
https://www.instagram.com/iplan_global/
https://www.linkedin.com/company/223915/












