Wat is die jongste verwikkelinge oor die dieselrabat?

Graan SA Kommunikasie
Gepubliseer: 4 Augustus 2025

754

Graan SA werk tans saam met die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), graanprodusente en verskeie privaat tegnologiediensverskaffers in die dieselbedryf aan ’n projek om diesellogboekstelsels te outomatiseer. Hierdie projek is daarop gemik om die
huidige prosesse te vervang en te verbeter deur ’n meer doeltreffende, digitale stelsel te ontwikkel.

Die werkgroep wat aan hierdie inisiatief werk, bestaan uit vrywilligers en is nie ’n geslote groep nie – enige belanghebbende partye is welkom om betrokke te raak. Dié samewerking is ’n belangrike stap in die rigting van administratiewe verligting en groter doel­treffendheid vir produsente wat geregtig is op die dieselrabat.

’n Loodsprojek by verskeie produsente word beplan tussen Oktober en Desember 2025. Die werkgroep beoog om teen Maart 2026 ’n werkbare en getoetste stelsel te hê wat die SAID dan kan implementeer.