Karina Muller, SA Graan/Grain-medewerker
Gepubliseer: 9 Junie 2023
790
Graan SA, Omnia en Landbouweekblad se Boereplanne-kompetisie wat reeds vir 35 jaar aangebied word, het hierdie jaar ’n rekordgetal inskrywings (61) gelok. In die lig hiervan het Omnia vanjaar se prysgeld met 50% verhoog.
Chris Schoonwinkel, wat vir jare namens Graan SA met die kompetisie gemoeid was, sê die gehalte van die inskrywings is dié jaar ook die hoogste ooit. Die meeste van die inskrywings het op een of ander manier verband gehou met die huidige kragkrisis.
Graan SA-voorsitter, Derek Mathews, het by die prysoorhandigingsgeleentheid gesê hierdie kompetisie beklemtoon die Suid-Afrikaanse produsent se ingesteldheid. Hier “maak ’n boer ’n plan”. Hy het bygevoeg dat hy hierdie ingesteldheid nog nooit by produsente in die res van die wêreld teëgekom het nie.
Die organiseerders wil veral voortaan daarop fokus om meer betrokkenheid van die jeug te kry en spesiale pryse hier is nie uitgesluit nie.
Wenners
Afdeling A – Nuwe masjinerie, implemente en landboutoerusting: Pieter Louwrens, Reitz – draadspanmasjien
Afdeling B – Masjinerie, implemente en landboutoerusting: Cobus van Coller, Viljoenskroon – mobiele sonpaneelpomp
Afdeling C – Alle gereedskap – elektries en nie-elektries: Bertus Goosen, Botswana – domkrag
Afdeling D – Huis en tuin: Ben van Eeden, Edenville – hamburgerpattie-drukker
’n Spesiale prys is aan Janneman Heyns van Rouxville uitgeloof vir die selfoontoepassing wat hy ontwerp het om sy skaapkudde te bestuur. Dit was die eerste keer ooit dat so ’n tegnologies gevorderde inskrywing ontvang is.
Maize is critical to food security in South Africa, contributing about 50 to 60% of the population’s carbohydrate intake. It is primarily consumed in...