Spotprent – Oktober 2026

Gepubliseer: 30 September 2026

80

Wenners van die verskillende kategorieë in Graan SA se Groei vir Goud- nasionale opbrengskompetisie is op 22 September tydens ’n geleentheid by Muldersdrift aangekondig. Die deelnemers het weer eens bewys dat Suid-Afrikaanse produsente aanhou innoveer én by mekaar kan leer. Nie minder nie as elf nuwe rekords is in die onderskeie kategorieë aangeteken, en gars het ook vir die eerste keer deel gevorm van die kompetisie. Dit was boonop ’n jaar waar die meeste inskrywings nóg ontvang is. Die inskrywings het met sowat 30 geklim tot by 110. Toekomstige kategorieë vir kanola en grondbone word tans ondersoek.

Skets met KI gegenereer. Sketch generated with AI.

Winners in the various categories of Grain SA’s Grow for Gold national yield competition were announced on 22 September during an event held in Muldersdrift. Once again, the participants proved that South African producers continue to innovate and learn from one another. No fewer than eleven new records were set across the various categories, while barley also formed part of the competition for the first time. It was also a record year in terms of entries, with the number increasing by around 30 to reach 110. Potential future categories for canola and groundnuts are currently being investigated.