Leierskap vir die volgende termyn is gedurende die afgelope Kongres aangewys. Richard Krige is vir nog ’n termyn as voorsitter verkies en Jeremia Mathebula en Danie Minnaar gaan beide voort in hul posisies as visevoorsitters.
Nuwe Raadslede wat aangewys is om die pas aan te gee, is soos volg: Tommie Olckers (Streek 9), Lodie Britz (Streek 19), Herman Galama (Streek 25), David Nkambule (Streek 29) en Botlhale Tshabalala (addisionele lid).
Alle sterkte met die termyn en die nuwe verantwoordelikhede!

























