Maak die beste van jou besoek aan NAMPO Kaap 2023

Gerda Kriel, NAMPO Kaap-bestuurslid
Gepubliseer: 11 September 2023

401

Met 500 uitstallers en ’n propvol program sal besoekers goed moet beplan om by alles uit te kom wat op Bredasdorp Park aangebied word vir NAMPO Kaap 2023.

Volgens Henk Aggenbach, voorsitter van Bredasdorp Park NPC, is daar ’n nuwe hek op die R319 vanaf Swellendam. “Die nuwe ingang, Hek E, het ook ’n parkeerterrein en Ingang 6 gee direkte toegang tot Bredasdorp Park vanaf die Swellendam-pad. Met besoekers wat die terrein naby aan die Engen-4×4-baan betree, sal die verkeersdruk op die Nooitgedacht-pad verlig word.

“’n Nuwe deurgang agter die Standard Bank Rûens Kollege Steakhouse vanaf Ingang 5 gee ook direkte toegang na die Water Wise-sentrum, die Neptun-saal of die BKB-veesentrum. Ons raai besoekers aan om hul kaartjies teen R10 goedkoper aanlyn by www.ticketpros.co.za te koop en sodoende lang rye te vermy.”

Daar is vanjaar twee NAMPO Kaap-passasierswaentjies wat elk ’n vaste roete op die terrein gaan ry. Besoekers kan enige plek op dié roetes by die waentjies op- of afklim.

Meer plekke om te eet en te ontspan
NAMPO Kaap bied geleentheid aan plaaslike skole en nieregeringsorganisasies om fondse in te samel. Alle kosstalletjies word óf self deur die organisasies bedryf óf waar privaat ondernemings kosstalletjies bedryf, moet ’n gedeelte van hul wins aan so ’n organisasie afgestaan word. Ondersteun gerus hierdie eetplekke en weet dit gaan vir ’n goeie doel.

  • F1 Standard Bank Rûens Kollege Steakhouse naby Hek 5
  • F2 Laerskool Bredasdorp in die BKB-saal
  • F3 Sasha’s Food Gallery naby die Fuchs-arena
  • F4 Suideroord-teetuin in die BKB-saal
  • F5 Overberg-teetuin in die Neptun-saal
  • F10 DS de Wet Skool vir Outisme by die BKB-veesentrum
  • F7 Hectic Biltong naby die speelparkie
  • F7a Colin’s Kudu Stall, ook naby die speelparkie
  • F8 Wyoming Spur langs die Voermol-saal
  • F9 Hollard Bistro in die ABSA-gebou word deur Huis Klippedrift bedryf
  • F6 De Heide Primêre Skool naby Hek 2
  • F11 Biltong & Brew naby Hek 2
  • F12 Chip ’n Dip naby Hek 2
  • F13 Suidpunt-ACVV-dienssentrum is weer op hul pos met pannekoek by Hek 2
  • F14 Dik Frik Spitbraai by Hek 1
  • F16 Zoetendal Akademie in die Koepel op staanplek 106
  • F17 Hoërskool Bredasdorp in die Voermol-saal
  • F18 Coffee Cafe in die Voermol-saal
  • F19 Let’s Taco naby die Engen-4×4-baan.

Laai die NAMPO Kaap 2023-toepassing af
Hierdie GRATIS toepassing is jou metgesel, gids, beplanner, bron van inligting en platform vir kommunikasie met kliënte, uitstallers en medebesoekers. Dit bevat al die inligting wat jy benodig oor die program, uitstallers, borge en uitleg van die ekspoterrein. Die NAMPO Kaap 2023-toepassing sal jou ervaring van die ekspo verbeter met moeitevrye skakeling sowel as besigheidskaartjieskandering en -uitruiling.

Die toep laat jou toe om jou eie skedule vir die geleentheid te skep, wat verseker dat jy nie enige optredes, demonstrasies of besprekings misloop nie. Jy kan selfs die toepassing gebruik om notas te maak vir gebruik tydens en na die geleentheid. Die Android-weergawe is beskikbaar op Play Store en die iOS-weergawe is beskikbaar op App Store.

Sien jou daar!
Toegangskaartjies is aanlyn beskikbaar by www.ticketpros.co.za. Pryse is R80 vir volwassenes en R40 vir skoolgaande kinders. Kaartjies by die hekke is R90 per persoon en voorskoolse kinders kom gratis in. Die ekspo duur van Woensdag 13 tot Vrydag 15 September van 08:00 tot 17:00 en Saterdag 16 September van 08:00 tot 15:00. Besoekers kan die Kaap Agulhas-toerismekantoor kontak vir verblyf by 028 424 2584/082 896 2225 of www.overberg-info.co.za.

Vir meer inligting oor NAMPO Kaap 2023, besoek www.nampokaap.co.za, kontak Chrystal van Wyk by 028 050 1385 of stuur ’n e-pos na admin@expo.org.za.