Riglyne vir gemeenskapsprojekte binne landbou

Dr Louise Bezuidenhout, senior lektor, Skool vir Kommunikasie, NWU
Gepubliseer: 2 Oktober 2024

85

In Afrika is landbou meer as net ’n bedryf; dit is die lewensaar van gemeenskappe wat lewensonderhoud, werk en ’n lewens­wyse bied. In Suid-Afrika, waar die landbousektor ’n kritieke rol in beide die ekonomie en die maatskaplike struktuur speel, is daar gewel-
dige potensiaal vir landbou-organisasies om by te dra tot gemeenskapsontwikkeling deur sosialeverantwoordelikheidsprojekte. Deur ’n benadering van bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling (asset-based community development) oftewel ABCD te volg, kan plaaslike uitdagings hanteer word en gemeenskappe bemagtig word tot volhoubare ontwikkeling.

Uitdagings binne die landelike gemeenskappe
Landelike gemeenskappe binne Suid-Afrika se boerderydistrikte word deur ’n verskeidenheid komplekse uitdagings in die gesig gestaar wat diep gewortel is in die land se historiese, ekonomiese en sosiale konteks. Hierdie gemeenskappe worstel dikwels met armoede, hoë werkloosheidsyfers en beperkte toegang tot noodsaaklike dienste soos gesondheidsorg, onderwys en skoon water. Omgewingskwessies soos waterskaarste en die impak van klimaatsverandering vererger die kwesbaarheid van hierdie gemeenskappe verder, wat volhoubare landboupraktyke ’n prioriteit maak.

Daarbenewens ly landelike gebiede dikwels as gevolg van onvoldoende infrastruktuur, insluitend swak padnetwerke en beperkte toegang tot markte, wat ekonomiese ontwikkeling belemmer en siklusse van armoede laat voortduur. Sosiale uitdagings, insluitend die gevolge van migrasie, MIV/Vigs en die marginalisering van vroue en jeugdiges, vererger hierdie kwessies. Dit maak dit noodsaaklik vir landbou-organisasies om betrokke te raak by holistiese en inklu­siewe ontwikkelingsinisiatiewe wat hierdie veelvlakkige uitdagings kan aanpak.

Aanpak van hierdie uitdagings
Om te verseker dat ontwikkelingsinisiatiewe doeltreffend en volhoubaar is, moet Suid-Afrikaanse landbou-organisasies ’n benadering volg wat kultureel relevant en gemeen-skapsgedrewe is sodat afhanklikheid nie gekweek word nie, maar gemeenskappe bemagtig kan word om eienaarskap te neem van hulle toekoms.

Die deelnemende benadering tot gemeenskapsontwikkeling is noodsaaklik om bemag-
tiging en volhoubare ontwikkeling in Suid-Afrika se landelike boerderydistrikte te ver-
seker, aangesien dit die gemeenskap in die hart van die besluitnemingsproses plaas. Deur plaaslike produsente, vroue, jeugdiges en ander gemeenskapslede aktief te betrek by die identifisering van uitdagings, die stel van prioriteite en die ontwerp van oplos-
sings, bevorder die deelnemende benadering ’n gevoel van eienaarskap en verant-
woordelikheid vir die ontwikkelingsinisiatiewe.

Hierdie bemagtiging is van deurslaggewende belang vir volhoubaarheid, aangesien dit die gemeenskap se vermoë bou om projekte op lang termyn te bestuur en te onderhou, wat afhanklikheid van eksterne ondersteuning verminder. Deelname verseker ook dat ontwikkelingsprojekte aangepas is vir die unieke behoeftes, kulturele waardes en aspirasies van die gemeenskap, wat lei tot meer relevante en effektiewe uitkomste. Deur die gemeenskap by elke stap te betrek, van beplanning tot implementering en evaluering, hanteer die deelnemende benadering nie net onmiddellike uitda­gings soos armoede en grondagteruitgang nie, maar versterk dit ook die sosiale struktuur en veerkragtigheid van die gemeenskap, wat die weg baan vir volhoubare ontwikkeling.

Gemeenskapsgedrewe projekte wat plaaslike infrastruktuur verbeter, markverbindings skep en toegang tot onderwys en gesondheidsorg verbeter, kan inwoners bemagtig om beheer oor hul ontwikkeling te neem, selfstandigheid te bevorder en afhanklikheid van eksterne hulp te verminder.

Bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling
Bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling is ’n kragtige en praktiese manier om die deelnemende benadering prakties toe te pas. In plaas daarvan om landelike gebiede deur die lens van tekorte of behoeftes te bekyk, beklemtoon bate­gebaseerde gemeen-
skapsontwikkeling die sterkpunte en hulpbronne wat reeds in hierdie gemeenskappe teenwoordig is, soos die vaardighede, kennis, kulturele tradisies en gebruike, natuurlike hulpbronne en sosiale netwerke wat plaaslik bestaan.

Deur hierdie bates te mobiliseer, kan gemeenskappe volhoubare oplossings ontwikkel wat voortbou op hul bestaande vermoëns. Byvoorbeeld, die benutting van tradisionele landboukennis, plaaslike leierskap en kommunale grondpraktyke kan lei tot meer veerkragtige en volhoubare boerderymetodes.

Sleutelstappe
In die konteks van die hantering van uitdagings in Suid-Afrika se landelike boerde-
rydistrikte, behels bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling verskeie sleutelstappe. Eerstens word gemeenskapsbatekartering gedoen om die bestaande sterkpunte, hulpbronne en vermoëns binne die gemeenskap te identifiseer en te dokumenteer, soos tradisionele landboukennis, geskoolde individue, kommunale grond en plaaslike leierskap.

Vervolgens is gemeenskapsbetrokkenheid uiters belangrik om te verseker dat alle relevante gemeenskapslede, insluitend produsente, vroue, jeugdiges en plaaslike leiers, aktief betrokke is by die beplannings­proses, wat hulle in staat stel om hul behoef­tes uit te spreek en idees by te dra.

Die derde stap is om ’n visie- en aksieplan saam te stel, waar die gemeenskap in same-
werking met landbou-organisasies en ander vennote, ’n gedeelde visie vir ontwikkeling uiteensit en spesifieke projekte identifiseer wat op die geïdentifiseerde bates voortbou. Implementering en kapasiteitsbou volg, met die fokus op die ontwikkeling van die vaar-
dighede en kennis van gemeenskapslede om hierdie projekte volhoubaar te bestuur.

Laastens verseker monitering, eva­luering en aanpassing dat die projekte op koers is, wat aanpassings moontlik maak op grond van terugvoer en veranderende omstan-
dighede. Dit lei tot volhoubare en gemeenskapsgedrewe ontwikkelingsuitkomste.

Die belangrikheid van vennootskappe
Om te verwag dat ’n enkele produsent, boerevereniging, landbou-organisasie of landboustudiegroep hierdie taak alleen kan aanpak sal onrealisties wees. Vennoot-
skappe tussen landbou-organisasies, produsente, die gemeenskap en ander belang-
hebbendes kan ’n deurslaggewende rol speel om die uitdagings in Suid-Afrika se landelike boerderydistrikte deur bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling die hoof te bied.

Bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling moedig samewerkende vennootskappe tussen landbou-organisasies, plaaslike regerings, gemeenskapslede en plaaslike instel-
lings aan, om te verseker dat ontwikkelingsinisiatiewe nie net relevant en kultureel toepaslik is nie, maar ook volhoubaar. Deur saam te werk, kan hierdie vennote hulp-
bronne, kundigheid en kennis saamvoeg om die bestaande bates van die gemeenskap effektief te benut. Landbou-organisasies kan byvoorbeeld tegniese bystand en toegang tot markte bied, terwyl plaaslike produsente hul inheemse kennis en boerderyvaar-
dighede bydra.

Gemeenskapslede, insluitend vroue en jeugdiges, kan betrek word in die beplanning van verdere sosialeverantwoordelikheidsprojekte wat hulle kundigheid kan benut, om kwessies relevant tot hierdie groepe aan te pak. Ander vennote, soos regerings-
instansies of nieregeringsinstansies, kan bykomende ondersteuning bied, soos toegang tot die gemeenskap, befondsing en infrastruktuurontwikkeling om die impak van die inisiatiewe te verbeter. Onderwys en opleiding kan byvoorbeeld aangepak word deur die aanbied van opleiding in moderne boerderytegnieke, finansiële bestuur en besigheidsontwikkeling. Dit word gedoen deur vennootskappe tussen die landbou-
sektor, plaaslike skole, kolleges en nieregeringsinstansies wat kan help om ’n pyplyn van geskoolde individue te skep wat kan bydra tot die voortgesette sukses van die gemeenskap.

Slaggate om te vermy
In Suid-Afrika bestaan die risiko dat sosialeverantwoordelikheidsprojekte afhanklikheid van eksterne hulp kan skep, veral in gemeenskappe wat histories op regerings­onder-
steuning staatgemaak het. Om hierdie risiko te verminder, moet landbou-organisasies daarop fokus om selfstandigheid en veerkragtigheid binne gemeenskappe te bou deur die gebruik van bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling.

Suid-Afrika se landelike gemeenskappe is diep gewortel in kulturele en sosiale norme, waardes en gebruike wat in enige gemeenskapsprojek gerespekteer moet word, maar ook aktief benut kan word. Projekte wat nie hierdie norme in ag neem nie, kan weer-
stand of selfs verwerping deur die gemeenskap ondervind. Indien hierdie norme, waardes en gebruike verstaan word, kan dit aktief deur bategebaseerde gemeenskaps­ontwikkeling gebruik word om gemeenskapskwessies te takel. In gemeenskappe waar tradisionele leierskap ’n belangrike rol speel, is dit byvoorbeeld belangrik om hierdie leiers by die beplannings- en besluitnemingsprosesse te betrek. Net so moet projekte ontwerp word om geslagsensitief te wees, met erkenning van die belangrike rolle wat vroue in die landbou en gemeenskapslewe speel.

’n Algemene slaggat in sosialeverantwoordelikheidsprojekte is die aanvaarding­ van ’n bo-na-onder-benadering, waar be­sluite deur eksterne entiteite geneem word sonder voldoende insette van die gemeenskap. In Suid-Afrika, waar daar sterk klem gelê word op gemeenskapsdeelname en bemagtiging, sal hierdie benadering waarskynlik misluk. Landbou-organisasies moet onder-na-bo-beplanningsprosesse prioriti­seer wat die gemeenskap in elke stadium betrek, van projekkonsepsie tot implementering en evaluering. Dit is iets wat deur die gebruik van bategebaseerde gemeenskaps­ontwik-
keling hanteer word.

Ten slotte
Om die komplekse uitdagings in Suid-Afrika se landelike boerderydistrikte aan te pak, vereis ‘n holistiese benadering wat die sterkpunte van die gemeenskap benut deur bategebaseerde gemeenskapsontwikkeling. Deur te fokus op die bestaande bates binne hierdie gemeenskappe – soos plaaslike kennis, vaardighede en sosiale netwerke – en vennootskappe tussen landbou-orga­nisasies, produsente en ander belanghebbendes te bevorder, kan volhoubare ontwikkeling bereik word.

Die deelnemende benadering is die sleutel tot hierdie proses om te verseker dat gemeenskapslede bemagtig word om eie­naarskap van hul ontwikkeling te neem, wat die relevansie en volhoubaarheid van die inisiatiewe verhoog. Deur samewerking en gemeenskapsgedrewe optrede kan hierdie pogings kwessies soos armoede, klimaatsverandering en sosiale ongelykheid effektief aanpak, wat uiteindelik lei tot veerkragtige en florerende landelike gemeenskappe.