ʼn Geïntegreerde bedryfstelsel vir deeglike finansiële ontledings

Dr Susan Tredoux, hoofbestuurder, iPlan
Gepubliseer: 1 Mei 2026

120

Wanneer ’n verbouingstelsel finansieel ontleed word moet faktore soos insetkoste, kapitaal, risiko en kontantvloei oorweeg word. Die wisselwerking tussen dié faktore kan verskil afhangend van die verbouingstelsel wat ontleed word.

Twee voorbeelde in hierdie verband is a) ’n droëlandbenadering wat ’n laer kapitaalbehoefte het maar die opbrengs is baie meer afhanklik van onder meer reënvalpatrone en grondvog, teenoor b) besproeiingsboerderye wat meer kapitaal-intensief is en dus hoër koste tot gevolg het. ’n Goeie opbrengs is nie noodwendig winsgewend genoeg as die vastekoste-uitgawe te hoog is nie.

Dit is duidelik dat produsente diverse datapunte moet verwerk en analiseer om die aspekte wat ’n spesifieke verbouingstelsel beïnvloed te kan evalueer. Die datapunte sluit in:

  1. veranderlike koste soos saad, kunsmis, brandstof en elektrisiteit;
  2. vaste koste soos huur, belasting, onderhoud, toerusting en salarisse;
  3. opbrengs en die graanprys;
  4. kontantvloei en finansieringskoste; asook
  5. produksierisiko’s soos droogte, siektes, voldoende water en prysskommelinge.

Finansiële modelle is nodig om bogenoemde datapunte te evalueer vir bestuursbesluite. ’n Geïntegreerde bedryfstelsel kan die modelleringsproses aansienlik vergemaklik. Produsente word in staat gestel om data met betrekking tot koste, opbrengs, pryse en kontantvloei te evalueer. Die data kan verryk word met data van bronne soos weerpatrone, kommoditeits-, brandstof- en kunsmispryse.

Aspekte soos finale koste (R/ha) teen seisoeneinde, opbrengs (t/ha) per blok, watertekort en oorbesproeiingsrisiko kan gemodelleer word. Die modelle kan ook die uitwerking wat ander veranderlikes op wins het, insluit en verwerk.

Meer onlangse hulpmiddels soos kunsmatige intelligensie kan ingespan word om antwoorde en oplossings te verskaf op vrae soos die volgende:

  • “Wat gebeur met wins/ha as die volgende 21 dae 30% droër as normaal is?”
  • “As waterbeskikbaarheid met 15% daal, watter blokke moet eerste minder water kry?”
  • “Watter blokke wys abnormale hoë koste of swak verwagte opbrengs?”

Bogenoemde data en vele meer word gebruik om dag-tot-dag-bestuursbesluite te ondersteun. Met behulp van ’n geïntegreerde bestuur- en bedryfstelsel kan bestuurders dadelik in kennis gestel word indien veranderinge in faktore winsgrense gaan affekteer.

Die iPlan-span kan jou help om ’n stelsel te implementeer met al die gereedskap wat nodig is om finansiële ontledings te doen. Kontak ons gerus indien jy verder wil gesels.

Web address: www.iplan.global
Email address: info@iplan.global
Contact: Nico Palm @ nicopalm@iplan.global or +27 83 417 7207

https://www.facebook.com/iPlanGlobal
https://www.instagram.com/iplan_global/
https://www.linkedin.com/company/223915/