My-hero-Logo-English-RGB2

My Hero-reeks

Die My Hero-reeks gee lesers die geleentheid om hulle held in die landbou in die kollig te plaas en sodoende self ’n kontantprys te wen.

Met hierdie reeks skep Graan SA en John Deere ’n geleentheid waar gewone mense hulle unieke verhaal kan deel oor iemand in landbou wat hulle as ’n held of heldin ag; iemand na wie hulle opkyk. Vertel dus vir ons hoekom hierdie persoon jou inspireer.

’n My Hero-wenner kan ’n plaaslike produsent wees; dalk jou oupa of pa; ’n werker op die plaas wat gehelp het om jou groot te maak; ’n onderwyser, dosent of dalk jou ma of ouma wat nie net die huishouding behartig het nie, maar ook haar deel gedoen het om die plaas se administrasie op dreef te hou. Hier is ’n geleentheid om aan die onbesonge helde wat op een of ander manier ’n passie vir landbou het hulle oomblik van roem te bied en om op ’n besondere manier aan hulle erkenning te gee.

PRYSGELD
Vanaf Januarie 2025 sal ’n wenner deur ’n paneel beoordelaars gekies word vir elk van die jaar se elf uitgawes van SA Graan/Grain. Die persoon wie se nominasie as die maand se wenner benoem word, ontvang ’n kontantprys van R2 500 met die komplimente van John Deere. Die wenner (oftewel die genomineerde) ontvang op sy/haar beurt ’n opwindende geskenkpakket van John Deere ter waarde van R2 500 as beloning.

REËLS

  1. Inskrywings kan slegs aanlyn by sagrainmag.co.za gedoen word. Alle verpligte velde op die inskrywingsvorm moet volledig voltooi word om as ’n geldige inskrywing erken te word.
  2. ’n Nomineerder of genomineerde wat ’n maandelikse wenner is, mag slegs een keer per kalenderjaar inskryf (Desember/Januarie- tot November-uitgawe van SA Graan/Grain).
  3. Inskrywings wat ná die afsnytyd vir ’n bepaalde uitgawe van SA Graan/Grain ontvang word, of wat nie as ’n maandelikse wenner aangewys is nie, kan weer in daaropvolgende maande oorweeg word.
  4. Graan SA en John Deere behou die reg voor om inskrywings te weier wat nie aan die kompetisiereëls voldoen nie.
  5. ’n Paneel wat ’n verteenwoordiger elk van Graan SA, John Deere en SA Graan/Grain insluit, sal die inskrywings maandeliks evalueer. Die paneel se beslissing is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  6. Goedkeuring/toestemming: Nomineerder
    Deur in te skryf, gee die nomineerder toestemming dat ’n foto van hom-/haarself vir publikasie gebruik mag word, asook dat sy/haar naam, van en dorp vir hierdie doel bekend gemaak mag word. Die nomineerder is bereid om onderhoud(e) te voer wat op sosiale media of ander media kan verskyn. Verder bevestig die nomineerder dat die persoonlike toestemming van die genomineerde verkry is om hom/haar as ’n genomineerde in die My Hero-reeks te benoem, en dat die genomineerde bereid en in staat is om die moontlike mediablootstelling te aanvaar wat daarmee gepaard gaan.
  7. Goedkeuring/toestemming: Genomineerde
    Deur in te skryf, gee die genomineerde toestemming dat ’n foto van hom-/haarself vir publikasie gebruik mag word, asook dat sy/haar naam, van en dorp bekend gemaak mag word. Die genomineerde is bereid om onderhoud(e) te voer wat op sosiale media of ander media kan verskyn. Verder bevestig die genomineerde dat hy/sy persoonlike toestemming gee om as ’n genomineerde in die My Hero-reeks bekendgestel te word, en dat hy/sy bereid en in staat is om die moontlike mediablootstelling te aanvaar wat daarmee gepaard gaan.
  8. Nomineerder en genomineerdes mag nie dieselfde persoon of entiteit wees nie.
  9. Werknemers/medewerkers van Graan SA of John Deere mag nie aan die kompetisie deelneem nie.
  10. John Deere-geskenkpakkette kan nie vir kontant of ander produkte omgeruil word nie.