Die Graan SA/John Deere-resepkompetisie gee jou die geleentheid om jou kreatiwiteit in die kombuis op die proef te stel, en jy het boonop ’n kans om daarvoor beloon te word.
Ons Maart-wenner* is: Elmari Greyling van Bethal
MIELIEMEEL-brosbrood met verleidelike bolae
Lewer 10 groot blokkies in ’n 22 cm x 22 cm-bak

Bestanddele:
Mieliemeel-brosbrood (shortbread)
80 g fyn mieliemeel
120 g sagte botter
60 g versiersuiker
100 g koekmeel
4 eetlepels strooisuiker
30 g mielieblom
Knippie sout
½ teelepel kaneel
1 teelepel vanilla
Brownie-bolaag
120 g botter
120 g donkersjokolade
100 g strooisuiker
2 eiers
1 teelepel vanilla
60 g koekmeel (gesif)
20 g kakao
Knippie sout
Melktertvla-bolaag
500 ml melk
2 eiers
80 g strooisuiker
60 g mielieblom
1 teelepel koekmeel
1 teelepel vanilla
1 teelepel kaneel
20 g botter
Metode:
(voorverhit oond tot 150 °C)
Mieliemeel-brosbrood
- Rooster rou mieliemeel en strooisuiker vir twee minute oor medium hitte tot ’n goue, ligbruin kleur.
- Meng die res van die brosbroodbestanddele tot ’n sagte krummeldeeg en gooi daarna die mieliemeel en strooisuiker by.
- Druk stewig in ’n uitgevoerde bak vas.
- Bak 15 minute tot ’n ligte goue kleur.
Brownie-bolaag
- Smelt botter en sjokolade saam en verwyder vanaf plaat.
- Voeg strooisuiker by en roer deeglik.
- Voeg geklitste eiers en vanilla by.
- Vou koekmeel, kakao en sout in.
- Smeer versigtig bo-oor die warm brosbrood en bak vir 12 minute. (Dit is reg as dit nog effens rou lyk.)
Melktertvla-bolaag
- Kook al die bestanddele saam tot dit effens verdik en gooi dan versigtig bo-oor die halfgebakte brownies.
- Laat 20 tot 30 minute afkoel.
- Sif kaneel oor en sny in netjiese blokkies.
Addisionele inligting
Hierdie resep kan ’n gesellige gesamentlike poging wees waar ouma, ma, pa en die kinders elkeen iets verskillends doen en sien hoe alles saam ’n heerlike eenheid vorm.
* Die maandelikse wenner ontvang ’n geskenk/geskenkbewys vanaf John Deere en kom outomaties in aanmerking vir die R5 000-kontantprys wat aan die einde van die jaar aan die algehele wenner toegeken sal word. Kompetisiereëls word op die webwerf uiteengesit.








