Graan SA/John Deere Grain-Lekker- kompetisie: Junie wenner

Rentia Mynhardt, SA Graan/Grain-redakteur
Gepubliseer: 3 Julie 2026

49

Die Graan SA/John Deere-resepkompetisie gee jou die geleentheid om jou kreatiwiteit in die kombuis op die proef te stel, en jy het boonop ’n kans om daarvoor beloon te word.

Ons Junie-wenner* is: Nanette Botha van Pretoria

BOEREWORS-EN-GARSBREDIE
Genoeg vir agt persone

Bestanddele

3 eetlepels olyfolie
1 kg boerewors van goeie gehalte
1 ui, gekap
2 wortels, geskil en in wieletjies gesny
2 stingels seldery, gekap
sout en peper na smaak
3 aartappels, geskil en in blokkies gesny
1 blikkie gekapte tamaties
1 eetlepel gekapte knoffel
1 ½ koppie gars (pearl barley)
3 koppies beesvleisaftreksel
1 koppie droë witwyn
’n paar takkies vars tiemie
twee handevol vars spinasie

Metode

  1. Verhit die olyfolie in ’n swaarboompot oor medium hitte.
  2. Braai die boerewors in die olie tot amper gaar en hou eenkant.
  3. Braai die ui, wortel en seldery twee tot drie minute in die olyfolie.
  4. Voeg die aartappels, knoffel, tamaties en gars by en roerbraai ongeveer drie minute.
  5. Sny die wors in wieletjies en voeg by die bestanddele in die pot.
  6. Voeg die aftreksel, witwyn en tiemie by en roer.
  7. Laat dit vir omtrent ’n uur teen ’n matige hitte prut met die pot se deksel op.
  8. Voeg die spinasieblare by, meng deur en laat vyf minute kook.
  9. Bedien warm.

Addisionele inligting
Die bredie is heerlik vir die wintermaande en boonop bekostigbaar. Jy kan selfs sampioene, groenbone of botterskorsie byvoeg.

* The monthly winner will receive a gift voucher from John Deere and will automatically qualify for the R5 000 cash prize, which will be awarded to the overall winner at the end of the year. Competition rules are available on the website (sagrainmag.co.za).