Graan SA/John Deere Graan-Lekker-
kompetisie: April-wenner

Rentia Mynhardt, SA Graan/Grain-redakteur
Published: 6 May 2026

41

Die Graan SA/John Deere-resepkompetisie gee jou die geleentheid om jou kreatiwiteit in die kombuis op die proef te stel, en jy het boonop ’n kans om daarvoor beloon te word.

Ons April-wenner* is: Geraldine van Rensburg van Klerksdorp

HEMELSE MIELIETERT

Genoeg vir agt persone

Bestanddele:

1 koppie rou mielierys (maize rice)
1 blikkie soetmielies (sweet corn)
1 koppie pitmielies
1 koppie gerasperde kaas
2 geklitste eiers
250 ml room
1 rooi ui
½ tot 1 pakkie spek
Italiaanse kruie
sout
peper
1 teelepel bakpoeier

Metode: 
(voorverhit oond tot 180 °C)

  1. Week mielierys oornag in koue water.
  2. Kook die volgende dag tot gaar en dreineer goed. Laat effens afkoel.
  3. Braai ui en spek en geur met peper en Italiaanse kruie na smaak.
  4. Meng mielierys, ui-en-spekmengsel, eiers, soetmielies, pitmielies, kaas, sout en room saam.
  5. Meng die bakpoeier laastens liggies by die mengsel in.
  6. Giet die mengsel in ’n gesmeerde bak.
  7. Bak teen 180 °C vir 30 tot 40 minute tot goudbruin en gestol.

Addisionele inligting
Hierdie is ’n glutenvrye resep wat heerlik saam met braaivleis werk!

* Die maandelikse wenner ontvang ’n geskenkbewys vanaf John Deere en kom outomaties in aanmer­king vir die R5 000-kontantprys wat aan die einde van die jaar aan die algehele wenner toegeken sal word. Kompetisiereëls word op die webwerf (sagrainmag.co.za) uiteengesit.