Hulle neem die tuig op

Valerie Cilliers, SA Graan/Grain-redakteur
Gepubliseer: 12 April 2024

103

Dit was John C. Maxwell wat geskryf het: “Die beste leiers word gevorm deur die uitdagings wat oor hul pad kom.” Met die vele uitdagings wat landbou tans moet trotseer is die keuse van die regte leierskap van deurslaggewende belang vir die volhoubaarheid van Graan SA en die graanbedryf as geheel.

By vanjaar se Kongres is Derek Mathews weer as voorsitter verkies en Richard Krige en Jeremia Mathebula as visievoorsitters van Graan SA se Uitvoerende Raad. Die nuutverkose raadslede is Cobus van Zyl vir Streek 3, Pietman Botha vir Streek 7, Hendri Jansen van Rensburg vir Streek 17, Dissie Kruger vir Streek 25 en Clifford Mthimkulu vir Streek 31.

SA Graan/Grain-dekking van Kongres 2024
Die SA Graan/Grain-redaksie bring hierdie samevatting oor vanjaar se Graan SA Kongres (soos uiteengesit op bladsy 18 tot 32) aan ons lesers en lede van die organisasie wat dit nie persoonlik bygewoon het nie. Dit moet egter geensins geag word as ’n genotuleerde weergawe van verrigtinge nie, aangesien laasgenoemde in die amptelike notule weergegee word.