Volledige reeks by saadplotte verg spanpoging

Gepubliseer: 5 Julie 2022

736

Agricol se kundiges het oudergewoonte gereedgestaan by die saadplotte om enige vrae te beantwoord tydens vanjaar se NAMPO Oesdag. Produsente kon hier eksklusiewe produkte sien en voel asook raad vra.

’n Volledige reeks somerweidings asook somerweidingsmengsels kon deur produsente besigtig word. ’n Aantal winterweidings, soos eenjarige en meerjarige raaigras (diploïed en tetraploïed) sowel as swenkgrasse en ander mengsels is tentoongestel, terwyl ’n wye reeks dekgewasse en dekgewasmengsels uitgestal is wat produsente vir verskeie doelwitte kan aanwend.

Joubert Swanepoel (sonneblomprodukbestuurder: Agricol), Carinus Fourie (verkoopsbestuurder: Agricol) saam met Piet Simpson (sonneblomprodusent van Dwaalboom). Piet plant graag Agricol-sonneblomme op sy plaas.
John Havenga en Neethling Slabbert (beide van Potchefstroom) saam met Andries van Niekerk (verkoopsbestuurder: Agricol). Havenga en Slabbert plant albei Agricol-saad, spesifiek dekgewasmengsels. Agter hulle is die Agrilife 12-somerdekgewasmengsel sigbaar.
Ed, klein Harry en Russel Clark by Groundhog, een van Agricol se Japannese radys-kultivars – die Clarks plant tans juis Japannese radys in hul boerdery in die Oos-Kaap.
Andrew Stewart en Jono Saville, beide van Ballito in KwaZulu-Natal, saam met Durandt Pieterse (junior verkoopsbestuurder: Agricol). Dié produsente verbou suikerriet en makadamias in die Mtunzini-area en is op soek na iets om tussen die rye te plant om grond te herstel na jarelange suikerrietverbouing en ook om te help met plaag­beheer op die makadamias.
Anneri en Casper du Toit van Hoopstad plant Agricol se sonneblom- en waterbergmengsel. Saam met hulle is Henk Crafford (verkoopsbestuurder: Agricol vir die Wes-Vrystaat).
Durandt Pieterse (junior verkoopsbestuurder: Agricol), Theo en Theo Janse van Rensburg junior en Johan Janse van Rensburg. Hulle verbou Agricol-sonneblom, -soetsorghum en -sojabone in die Magaliesburg- en Brits-omgewing. Agter hulle is onder meer die Hunnigreen-soetsorghumkultivar te sien. Hierdie kultivar is buigsaam en aanpasbaar en is uiters geskik as staande hooi in die winter.
Khayzek en Loutjie du Toit asook Simon Roos van die Ermelo-distrik. Hulle plant spesifiek raaigras. Agter hulle is die raaigraskultivars, Mathilde en One50, sigbaar.