Nuwe variëteite beïndruk by Agricol se groendag

Valerie Cilliers, redakteur, SA Graan/Grain
Gepubliseer: 6 Junie 2022

856

Die Agricol Groendag wat vanjaar vir die agste keer aangebied is, het aansienlik uitgebrei en is goed bygewoon deur produsente wat die twee dae op Agricol se navorsingstasie net buite Potchefstroom terdeë geniet het.

Agricol se navorsings- en landboukundige span werk sedert Oktober 2021 om die proewe gereed te kry vir die jaarlikse boeredae in Mei. Die span het reggestaan met raad oor hoe om insetkoste te verlaag deur byvoorbeeld weidingsgewasse met verskeie peulgewasopsies te kombineer om stikstof in die grond te bind.

Agricol se besturende direkteur, Erus Hefer, het produsente by die boeredae toegespreek, waar hulle van stasie tot stasie kon beweeg om die verskillende gewasse te besigtig.

João Paulo Schechtel van Don Mario, Brasilië (regs), gesels met Nico le Roux oor die Intacta RR2 PRO®-sojabone wat in Desember 2021 geplant is. Brasilië het 200 geregistreerde Intacta RR2 PRO®-sojaboonkultivars waarvan 14 tans in Suid-Afrika getoets word.
Erus Hefer vertel meer oor AgriTonic, ’n plantaan-variëteit (Plantago lanceolata) wat uitstekende voer bied en in ’n verskeidenheid grondsoorte aard.
Agricol-verkoopsbestuurder, Christopher Coetzee, brei uit oor die redes waarom Japannese radys so gewild is.
Dawie du Plessis, verkoopsbestuurder by Agricol, het by een van die stasies gesels oor grondherlewing, grondgesondheid en die rol wat dekgewasse daarin speel.