Sojaboonsaad: dié nuwe tegnologie in die pyplyn

Gepubliseer: 21 Februarie 2022
Dr Derick van Staden, direkteur: Agri-Seed & Technology

862

Agri-Seed & Technology (AST) is ’n andersdenkende saadmaatskappy wat daarop fokus om aan die produsent ’n diens te verskaf. Ons poog om die beste moontlike saad en saadbehandelingsprodukte teen die beste moontlike pryse op sojabone en mielies te lewer.

Die maatskappy bied aan die produsent ’n optimale voorsprong op sojabone deur aan hom die volledige reeks sojaboonkultivars te bied: Nie-GMO, RR1 en Intacta RR2 Pro is van die nuwe tegnologie wat in die komende jaar reeds beskikbaar gaan wees. Ons saad se kwaliteit en saadbehandelings is van die beste in die mark. Ons gebruik moderne toerusting, soos byvoorbeeld ’n kleurskandeerder, om ons saad skoon te maak. Ons veilige en netjiese verpakkings bestaan uit verskeie kleure en groottes. Die verpakkings is 25 kg-sakke en 500 kg- en 1 000 kg-massasakke. Saad word verskaf in geklassifiseerde pitgroottes, met saadbehandeling met langlewe-entstof (45 dae voor plant), swamdoders, insekdoders en spesiale polimere wat vloei op sojabone bevorder.

Gemengde sojaboonsaad.

Saadbehandeling
AST se saadkwaliteit en saadbehandelings op sojabone maak ons uniek in die mark. Ons is voortdurend besig om ons saadskoonmaak- en saadbehandelingsprosesse te vernuwe. In 2021 het ons ’n kleurskandeerder geïnstalleer sodat ons die kapasiteit het om enige ongewenste sade of vreemde materiale, soos mieliepitte, groen sojaboonsade, sclerotia en ander vreemde sade, uit ons produksiesaad te verwyder. Ons belê voortdurend in nuwe saadbehandelingsmasjiene om menslike foute tot die minimum te beperk. Hierdie masjiene kalibreer elektronies vir gewig en vloei om seker te maak die chemie (swam- en insekdoders), langlewe-entstof en polimere word korrek toegedien sodat ons ’n 45 dae-rakleeftyd vanaf toe­diening op ons behandelings kan waarborg.

Santa Rosa-sojaboonkultivars
Intacta RR2 PRO
AST het in samewerking met Santa Rosa Semillas van Argentinië ’n groot navorsingsprogram op Intacta RR2 Pro-sojaboonkultivars in Suid-Afrika begin om sodoende die beste moontlike kultivars te identifiseer. Meer as 50 verskillende kultivars word tans plaaslik getoets om die regte kultivars vir Suid-Afrikaanse omstandighede te selekteer.

Intacta RR2 PRO bied die volgende voordele vir die Suid-­Afrikaanse produsent:

  • Beskerming teen ernstige Afrika-bolwurmskade.
  • Dit maksimaliseer opbrengspotensiaal deur die herposisionering van die Roundup Ready-geen (RR-geen).
  • Die tegnologie verbeter die glifosaattoleransie wat deur die RR-tegnologie verskaf word.

Intacta RR2 PRO-kultivars sal met ’n 20%-RR1-toevlugsone aangeplant moet word.

RR1
AST het een van die beste RR1-pakkette in die land beskikbaar. Ons vinnige groeiers, RA 4918R en RA 560R, presteer uitstekend op die Hoëveld en in kouer gebiede. Ons mediumgroeiers, RA 565R en RA 568R, het baie goeie aalwurmtoleransie en is wyd aanpasbaar. Ons langer groeiers, RA 655R, RA 660R en RA 6520R, is goed aangepas vir die warmer gebiede. Volgens ons inligting hou RA 568R steeds die amptelike sojaboonoesrekord van 6,25 t/ha.

‘n Intacta RR2 Pro-aanplanting.

Nie-GMO
AST fokus ook op die nie-GMO-nismark en selekteer kultivars wat net so goed doen soos die RR-kultivars. Hierdie kultivars is slegs op spesiale kontrakvoorwaardes beskikbaar.

Die maatskappy spog met uitnemende sojaboonsaaddienste aan die Suid-Afrikaanse produsent. Resultate wys dat AST van die beste sojaboonkultivars beskikbaar het. Ons streef daarna om uitstekende produkte teen billike pryse te verskaf.

Vir meer inligting skakel dr Derick van Staden by 013 665 2328 of besoek www.agriseed.technology.co.za.