Aanpasbaarheid is die sleutel tot sonneblomsukses

Carlo Pelster en Christopher Coetzee, Agricol
Gepubliseer: 11 Augustus 2021

1195

Gemoedsrus is ’n term wat sonneblomprodusente eer­stehands wil ervaar wanneer daar in ag geneem word hoe drasties die Suid-Afrikaanse klimaat die afgelope paar seisoene gewissel het. Om hierdie rede is dit nodig dat produsente nou­keurig besin wanneer kultivars vir die komende seisoen gekies word.

Aangesien verskillende seisoene sekere kultivars kan bevoordeel of benadeel, is dit belangrik dat ’n kultivar aanpasbaar moet wees ten opsigte van opbrengs en siekteweerstand en terselfdertyd goeie staanvermoë moet hê. Seisoensaanpasbaarheid is egter iets wat sinoniem is met die sonneblomkultivar Agsun 5278. In die 2020/2021-seisoen is talle produsente verras deur die prestasie van hierdie kultivar. Hier volg slegs ’n paar van die suksesverhale:

Bloemfontein
Henco Freyling van die plaas Spesbona naby Bloemfontein plant jaar na jaar Agsun 5278. Hy sê dié kultivar het homself bewys op sy plaas en dit is die rede waarom hy soveel vertroue daarin het. Volgens Henco is daar ’n paar eienskappe van Agsun 5278 wat uitstaan. Afgesien van die goeie opbrengste wat die kultivar realiseer, het dit ’n sterk opkomsvermoë en maak dit vinnig ’n blaredak.

Die stroopproses word verder vergemaklik as gevolg van die kultivar se egalige groeiwyse. Henco glo in ’n plantestand van ongeveer 30 000 plante/ha in die Bloemfontein-area en rol gewoonlik op die vyfde dag na plant. Hy vind dat hy die beste opbrengste realiseer met ’n plantdatum in middel Desember en beplan om sy konvensionele hektare in die komende seisoen met Agsun 5278 te vergroot.

Dealesville
Hannes Steyn van die plaas Leeufontein naby Dealesville is ’n groot ondersteuner van Agsun 5278 en hy plant die kultivar al vir die afgelope vier seisoene op sy plaas. Hannes verwys daarna as ’n uitstekende kultivar wat tydens droë sowel as nat jare bogemiddelde opbrengste lewer. Dit is hoekom die kultivar amper 50% van sy totale sonneblomhektare opneem. Hy noem spesifiek dat die kultivar soos ’n pen uit die grond kom en die grond vinnig bedek met sy groot blare wat help om onkruide te onderdruk. Hannes sê hy sal daarvan hou om nog meer hektare van Agsun 5278 te plant, maar as gevolg van hoë onkruiddruk op sekere dele moet hy van Agricol se Clearfield®Plus-kultivars ook plant om sy probleemlande skoon te hou.

Dealesville
Piet Wiese van die plaas Welgevonden boer in die omgewing van Dealesville en plant Agsun 5278 sedert 2015. Piet sê hy het nog net sukses met die kultivar ervaar en dat hy met vertroue en gerustheid elke jaar daarvan aankoop om te plant. Hy verwys spesifiek na die kultivar se stay green-eienskap wat in ’n nat jaar soos vanjaar baie gehelp het teen stamsiektes. Afgesien daarvan dat die kultivar lekker stroop, het hy ook opgelet dat Agsun 5278 oor ’n paar seisoene konstant uiters goeie skepelmassas getoon het tesame met ’n goeie opbrengs waarop hy kan staatmaak. Hy sê verder dat die kultivar baie sterk opkom en dat die kop tot in die middel bestuif.

Piet plant sy sonneblom gewoonlik tussen 20 Desember en 20 Januarie en glo in ’n plantestand van 35 000 plante/ha vir sy omgewing. Hy sê die feit dat hy tussen dag drie en dag vyf rol, help hom om ’n goeie stand te realiseer.

Hannes Steyn en sy seun Phillip by hul aanplanting van Agsun 5278. Die stay green-eienskap wat die kultivar se staanvermoë verhoog, word hier mooi uitgebeeld.

Roedtan
Johan van Zyl van die plaas Assen in die Roedtan-omgewing plant al vir drie jaar Agsun 5278 en die kultivar het hom baie beïndruk. Die Springbokvlakte is ’n area wat bekend is vir sy strawwe produk­sietoestande, wat dit besonder moeilik kan maak vir saaiprodusente.

Hy sê: “Agsun 5278 is die stabielste kultivar vir ons harde omge­wing.” Johan het vanjaar sy beste opbrengs nog met dié kultivar gestroop – ’n tonnemaat van 1,7 t/ha op 240 ha. Hy voeg by: “Die vorige paar seisoene was uiters droog en die kultivar het bo ander kultivars uitgestaan. Agsun 5278 het goeie opkoms en vertoon mooi egalig, wat die stroopproses vergemaklik. Die voordeel van die kultivar is dat dit besonder goed bestuif in ons moeilike en droë omge­wing.” Johan beplan om sy Agsun 5278-hektare in die komende seisoen aansienlik te vermeerder.

Agsun 5278 is bekend vir sy opbrengsstabiliteit en aanpasbaarheid en is ’n moet vir enige sonneblompakket vir die komende plantseisoen.

Kontak gerus die naaste Agricol-agent vir ’n pakketaanbeveling in jou area by www.agricol.co.za.