BPI se nuwe strooier – meer opsies en aanpasbaarheid

Artikel saamgestel deur BPI
Gepubliseer: 13 Julie 2021

1608

BPI is ’n bekende naam onder landbouprodusente wat in die mark is vir kwaliteit en volhoubaarheid. ’n Verskeidenheid landboutoerusting wat gegrond is op wêreldklas-standaarde word vervaardig en ons kliënte van regoor Suider-Afrika skaar hul agter BPI se vakmanskap en diens.

Ons ploeg nie met ’n ander man se kalwers nie
Behalwe vir die kwaliteit van ons toerusting, is die grootste voordeel wat BPI aan kliënte bied waarskynlik die feit dat ons produkte eiehandig plaaslik vervaardig word. Ons fabriek is in die hartjie van die soge­naamde mieliewêreld, Bothaville, geleë. Dit beteken dat al BPI se werktuie trots Suid-Afrikaans ontwerp, ontwikkel en gebou word. Ons kliënte se gemoedsrus berus natuurlik ook daarop dat al ons werktuie se onderdele geredelik vanuit ons fabriek beskikbaar is. Dié sentrale ligging, saam met BPI se goed ontwikkelde verspreidingsnetwerk, maak dit maklik om toerusting, onderdele en ondersteuning lands­wyd te verskaf.

PRS 10
PRS 20
PRS 13

Nuwe produk
BPI is trots om ’n nuwe toevoeging tot die bestaande reeks strooitoerusting bekend te stel – ’n organiese misstrooier wat gemaak is in Afrika, vir Afrika! Die strooier bestaan uit twee modelle – een met ’n kapasiteit van 4 m³ asook ’n 8 m³-model. Beide hierdie modelle is soos ons bestaande strooier ten volle versoenbaar met die meeste GPS-presisieverspreidingstelsels en word volgens die kliënt se behoeftes vervaardig – met hidrouliese of PTO-werking.

Nog ’n reusevoordeel wat ’n unieke eienskap aan dié strooier verleen, is die feit dat dit kettingaangedrewe is (nie bande soos baie tradisionele strooiers nie). Dit sorg vir gladde werksverrigting en minimaliseer onnodige staantyd. Betroubaarheid, robuuste konstruksie, gebruiksgemak en presiese vervaardiging maak hierdie masjien een van die bestes wat in die mark beskikbaar is.

Dié strooier word vervaardig en toegerus met ’n stroombeheerder met 29 instellings op die voedingspoed van die ketting. As daar besluit word om die GPS-presisiestelsel te installeer, kan die omskakeling vinnig en maklik gedoen word, sonder enige probleme.

BPI beskik oor ’n hoogs bekwame werkerskorps wat ’n wye verskeidenheid getoetsde landbouprodukte vir die moeilike omstandighede in Afrika lewer.

BPI – gemaak in Afrika, vir Afrika. Besoek ons webwerf by www.bpim.co.za.