Omnia is veel meer as landbou

Louis Strydom (Bemarkingsdirekteur: Omnia Nutrilogie®)
Gepubliseer: 31 Mei 2021

1006

Omnia Nutrilogie® het in 1953 ‘n revolusionêre reis in die landbousektor onderneem. Die visie vir ons maatskappy is gebore uit die idee dat ‘n volhoubare toekoms ‘n haalbare doelwit kan word deur kunsmisprodukte aan kliënte te verskaf wat geproduseer word deur ‘n onderneming wat ‘n beter wêreld wil skep.

Hierdie visie sluit in om doelgerig en innoverend te wees, terwyl ons altyd bewus bly van die mense en die omgewing wat ons dien. Ons doen reeds 68 jaar sake in die bedryf terwyl ons oë op die toekoms gerig is.

Ons geskiedenis bevat verskeie voorbeelde van ons innovering en hoe ons aangepas het om in die behoeftes van ons kliënte te voorsien. Toe die besluit destyds geneem is oor wat die maatskappy moet doen, was die antwoord: “Alles”. Dit is in Latyn vertaal na “Omnia” en het die maatskappy se naam geword. Met ‘n sterontploffing as logo, het ons oor die jare heen bestendige gegroei.

Omnia het ‘n groot aantal eerstes bereik wat aan ons maatskappy die reputasie van groei en innovering gegee het. Ons was eerste om die direkte toediening van ammoniak in kunsmisprodukte toe te pas.

Omnia se eerste korrelaanleg in Sasolburg is in 1967 gebou en die eerste vloeibare kunsmisaanleg het in 1976 gevolg. In 1997 is ‘n ultra-moderne kunsmisaanleg in Sasolburg opgerig.

In 2019 het die maatskappy homself selfs verder in die kunsmismark onderskei met ‘n reuse-belegging in die landbou in die vorm van ‘n nitrofosfaataanleg. Die aanleg produseer nitrofosfaat om as fosfaatbron in kunsmisprodukte gebruik te word.

Nitrofosfaat stel ons in staat om op ‘n heelwat groener manier kunsmis te vervaardig. Omnia Holdings, die houermaatskappy waarvan Omnia Nutrilogie® ’n divisie is, besit ook BME, wat hierdeur ook deel vorm van ‘n skoner produksieketting.

Omnia gaan voort om in groen tegnologie te belê met ons EnviNOx™-aanleg op Sasolburg, wat NOx-vrystelling tot ‘n minimum beperk. In 2008 het Omnia die voorste produsent van koolstofkrediete in Suid-Afrika geword. Dít, asook ons groot fokus op veiligheid in al ons bedrywighede, vorm alles deel van ons fokus om ‘n beter wêreld te skep en vir ons nageslagte na te laat.

Toetrede tot nuwe markte
Die Omnia-groep het BME in 1987 verkry om na die mynplofstofmark te diversifiseer. BME vervaardig plofstof, verwante toebehore en plofdienste vir die mynbou-, steengroef- en konstruksiebedryf in Suid-Afrika, Suid- en Wes-Afrika, Australië en Suid-Amerika.

Omnia het in 2003 die gesofistikeerde elektroniese ontstekermark (“detonator market”) betree.

BME se eerste suksesvolle ontstekerontploffing (“denotator blast”) is in 2010 deur middel van ons nuut ontwikkelde elektroniese ontploffingstelsel AXXIS™ voltooi, wat gelei het tot die oprigting van ‘n salpetersuurkompleks van R1,4 miljard in Sasolburg in 2012.

BME se gehalte-emulsieplofstof – in kombinasie met sy unieke laaitoerusting, AXXIS™-elektroniese inisiasiestelsel, elektroniese ontstekers, ontploffingsprogrammatuur en ander bykomstighede – verbeter reeds meer as ‘n dekade lank ontploffingsrekords in Suid-Afrikaanse myne.

Nóg ‘n Suid-Afrikaanse rekord vir die grootste ontploffing van elektroniese ontstekers is in 2020 deur dié markleier verbeter. Die ontploffing is by ‘n mangaanmyn in die Noord-Kaap uitgevoer. Deur die AXXIS™-elektroniese inisiasiestelsel kon BME ‘n ontploffing van 4 647 ontstekers uitvoer.

Die voordeel van hierdie groot ontploffings is dat myne minder gereelde ontploffings hoef te uit te voer, wat minder ontwrigting en meer effektiewe mynbedrywighede tot gevolg het. BME ontwikkel voortdurend nuwe tegnologie om aan hierdie mark se behoeftes te voorsien.

Protea Chemicals, die grootste verspreider en handelaar van chemikalieë in Suid-Afrika, het in 2003 deel geword van die Omnia-groep. Die maatskappy het ‘n beduidende teenwoordigheid in elke sektor van die breër verspreidingsmark vir chemikalieë in Suid-Afrika en ontwikkel toenemend dwarsdeur die kontinent. Protea Chemicals verteenwoordig verskeie toonaangewende plaaslike en internasionale chemikalieprodusente en bied koste-effektiewe en doeltreffende verspreidingskanale vir sy produkte na die Afrika-mark.

Notering op die JSE
Omnia se innovering en groei het daartoe gelei dat Omnia Holdings in 1980 op die JSE genoteer is en in 1993 ‘n top-100-maatskappy op die JSE geword het. Die voortgesette ontwikkeling van die maatskappy word toegeskryf aan die een ding wat ons van ons mededingers onderskei – ons unieke en kenmerkende kultuur wat deur die mense van Omnia uitgeleef word.

Hierdie kultuur word oor dekades heen gekenmerk aan die baanbrekerswerk wat ons doen, hoe ons mense bemagtig om te leer en meer effektief te wees, asook die vertrouensverhoudings wat ons met ons kliënte het en bou.

Ons is opgewonde oor die toekoms. Omnia het die regte mense wat passievol is om ons gediversifiseerde besigheid te laat groei. In samewerking met ons kliënte benut ons elke nuwe geleentheid wat die toekoms bied. Deur ons denke en diepliggende kennis toe te pas, sal ons voortgaan om vooruitstrewende en volhoubare oplossings te vind om ons visie vir ‘n beter wêreld te verwesenlik.

*Omnia Nutrilogie® is ‘n lid van die Omnia-groep.