Koop kunsmis aanlyn en spaar!

Jaco Myburgh en Marlo Kotze, Oté
Gepubliseer: 28 Oktober 2020

2597

Oté bied produsente wat ernstig is om hulle boer­dery volhoubaar winsgewend te hou, die geleentheid om kommoditeitsinsette aanlyn te koop. Met Oté se veilige betaalplatform kan produsente met gemoeds­rus aankope aanlyn doen.

Anders as tradisionele landboubesighede met groot oorhoofse koste, bied Oté koste-effektiewe prosesse wat die pad tussen die verskaffer of invoerder van insette en die produsent verkort.

Ons model verander die speelveld. Progressiewe produsente wat tegnologie inspan in hul boerdery kan dus beter finansiële be­sluite neem. Deursigtige markinligting maak ook beter kunsmisaankoop­besluite moontlik.

Produsente kan die internasionale prystendense van die drie belangrikste komponente van kunsmis, naamlik stikstof (N), fosfaat (P) en potassium (K) – algemeen bekend as straights – op ons webblad vind.

Vir die komende seisoen fokus Oté daarop om kunsmis, die enkele grootste insetkoste vir saaiprodusente, teen die beste prys te laat invoer. Alhoewel heelwat produsente reeds hul plantmengsels aangekoop of bestel het, is daar steeds ’n geleentheid om op top­bemesting en bemesting vir wintergewasse, wat dikwels gedurende Februarie aangekoop word, te spaar.

Omdat kunsmis ’n volumespel is waar die grootste voordeel be­ding word met groter volumes en beter beplanning, bied ons konsep ’n geleentheid vir produsente om aan te dui watter produk en hoeveel kunsmis hulle benodig vir ’n seisoen. Alhoewel hierdie beplanning moeilik is, is dit ’n berekende risiko wat die produsent kan neem om wesenlik te bespaar.

Hierdie unieke konsep kombineer volumes van produsente op ’n nasionale vlak en nie net in ’n kleiner streek nie.

Besluit vir jou toekoms.
(Foto verskaf)

Besigheidsmodel
Oté koop namens produsente aan en kombineer só produsente se koopkrag.

Met ons konsep kan produsente self aankoop wanneer die prys gunstig is. Hulle hoef nie meer by tradisionele kunsmismaatskappye aan te koop wat kunsmis aankoop, stoor en verkoop wanneer pryse hoog is nie. Produsente se beplanning en gekombineerde koopkrag word gebruik om tot hul eie voordeel met die verskaffers wat kunsmis invoer, te onderhandel.

Oté se waardeproposisie

  • Beter pryse: ’n Lae kostestruktuur maak dit moontlik om slegs ’n vaste transaksiefooi te hef. Dit is nie nodig om ander koste in die prys te verdiskonteer nie. Vir produsente wat straights gebruik, word onnodige koste wat geen waarde tot die produk toevoeg nie, vermy.
  • Kwaliteitproduk: Ons verskaffers, wat noukeurig gekies is op grond van hulle goeie reputasie, voorsien al vir baie jare kwaliteit­kunsmis aan die tradisionele mengaanlegte. Kunsmis kan in 500 kg- en 1 ton-sakke voorsien word, maar die grootste bespa­ring word behaal wanneer kunsmis in los maat geneem word.
  • Produkwaarborg: Elke produk het ’n spesifikasieblad van die verskaffers sodat die produsent vooraf weet watter kwaliteit hy kan verwag en waarteen hy die uiteindelike kwaliteit van die produk wat hy ontvang, kan kontroleer. Ons verskaffers waarborg dat die produk aan hierdie spesifikasies sal voldoen en sif dit om moontlike klontprobleme te voorkom.
  • Veilige betaalplatform: G-PAY™, ’n onafhanklike derdepartybetaalstelsel, word gebruik om die produsent se geld veilig in sy eie bankrekening te reserveer totdat die produk afgelewer is. Daardeur word die risiko dat betalings gedoen word sonder dat die produk ontvang is, uitgeskakel. Dit verseker ook dat ons verpligtinge teenoor ons verskaffers nagekom kan word.
  • Betroubare aflewering: Oté gebruik ervare vervoermaatskappye om die produk op die plaas af te lewer en verhaal slegs die koste in die prys.

Graan SA-lede word uitgenooi om Oté direk te kontak deur die eenvoudige registrasieproses op ons webblad te voltooi en so te kwalifiseer vir ’n korting op elke suksesvolle kunsmistransaksie vir 2020/2021. Oté sal dan ook ’n bedrag aan Graan SA bewillig ter befondsing van hulle werk om ons graanprodusente te ondersteun. Dit sal nodig wees om die lidmaatskapnommer aan Oté te voorsien.

Besoek ons by www.otegroup.co.za. Ons bied ’n geleentheid aan onafhanklike persone wat alreeds ’n gevestigde verhouding met produsente het om die Oté-konsep te gebruik om addisionele waarde tot hul bestaande dienste en produkte te bied. Omdat ons nie streeksgebonde is nie, nooi ons sulke persone van oor die hele land uit om ons webblad te besoek en te registreer vir ’n onderhoud.