Saad staan sterk

Jaco Snyman, Pioneer SA
Gepubliseer: 4 Augustus 2020

1065

Pioneer Saad, deel van Corteva Agriscience, is ’n voor­keursaadverskaffer aan produsente – nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd.

Die veranderende landbou-omgewing in Suid-Afrika veroorsaak dat die dinamika en die behoeftes van produsente konstant verander. By Pioneer glo ons dat ons moet aanpas by ons kliënte se veranderde behoeftes.

Pioneer het byvoorbeeld vier jaar gelede die Probox-konsep in Suid-Afrika gevestig, waar ons saad in groot maat (eentonhouers) aan produsente verskaf. Met die toenemende uitbreiding van me­ganisasie en plantertoerusting wat groter word, is die Probox-konsep suksesvol gevestig en die behoefte hieraan groei elke jaar met rasse skrede.

Ons is ook baie opgewonde dat ons vir die komende 2020-plantseisoen die nuwe geelmieliekultivarplatform P1197 in Suid-Afrika beskikbaar het. Hierdie kultivar het verlede seisoen ’n wêreldrekord­opbrengs van byna 38 t/ha in die VSA opgelewer. Sover sien ons dat dit plaaslik ook merkwaardige opbrengste behaal.

As dit kom by navorsing en die ontwikkeling van nuwe produkte en tegnologieë, is daar twee belangrike drywers. Eerstens is dit die fokus op voedselsekerheid en tweedens die ekonomiese verbouingsaspek. Pioneer moet voorsien in die produsent se behoefte aan hoër opbrengste en beter agronomiese eienskappe by al ons produkte – mielies, sonneblomme en sojabone.

Daar was ’n opwindende deurbraak op hierdie gebied. Pioneer en Corteva Agriscience gaan reeds in 2023 ons eie insekweerstandbiedende gene op mielies, naamlik Powercore, in Suid-Afrika vrystel. Hiermee saam word gewerk aan ’n nuwe, gekombineerde insek- en onkruiddodergeen op sojabone, naamlik Conkesta en Enlist, waar ons 2.4D-onkruiddoder suksesvol op sojabone kan gebruik. Natuurlik is dit belangrik om deurentyd evaluasies te doen om sodoende die beste genetika vir ons produsente te identifiseer.

Ons wil produsente bemoedig deur vir hulle te sê dat landbou hoop vir ekonomiese groei in Suid-Afrika bied. Ten spyte van talle uitdagings in ons land, het ons steeds die beste produsente in die wêreld en dit is vir ons ’n voorreg om met hulle besigheid te doen.

Volg ons op sosiale media (Facebook, Instagram en Twitter) by Pioneer Seed South Africa. Al die produkinligting en kontakbesonderhede is op ons webblad by www.pioneer.com/za.