Mielielande skoner met dié produk

Bennie Buys, Philagro
Gepubliseer: 4 Augustus 2020

1494

Mielieprodusente in Suid-Afrika het nou ’n nuwe, langwerkende oplossing vir die beheer van moeilik beheerbare onkruide.

Yamato® is onlangs by verskeie geleenthede in die mielieproduserende gebiede deur Philagro Suid-Afrika aan produsente, AECI Plant Health-bemarkingspersoneel en die landboumedia bekendgestel.

Dit is ’n hoogs doeltreffende gras-en-breëblaaronkruiddoder in mielies. Met sy unieke chemie bied hierdie produk voortreflike beheer van ’n wye verskeidenheid onkruidsoorte in talle grondtipes – met vooropkoms- en na-opkomstoedieningsopsies.

Skoon lande dra altyd by tot gesonde gewasse en groter opbrengste.

“Weerstandbiedende gras- en onkruidsoorte bly ’n uitdaging vir mielieboere in hul soeke na doeltreffende beheer van onkruidmededinging in mielielande,” het Bennie Buys, Philagro se produkbestuurder vir onkruiddoders, gesê. “Ons plaaslike navorsingsproewe het gewys dat Yamato veilige beskerming bied en hoogs aanpasbaar aangewend kan word na gelang van elke boer se spesifieke behoeftes,” het hy bygevoeg.

Die produk is oorspronklik ontwikkel deur Kumiai Chemical Industries in Japan en is reeds in ’n groot verskeidenheid toestande wêreldwyd beproef. Die aktiewe bestanddeel, piroksasulfoon, aangedryf deur “AZEEV Technology”, spog reeds in verskeie lande met ’n benydenswaardige reputasie vir doeltreffende beheer van moeilik beheerbare onkruide.

Verskeie plaaslik beproefde kombinasies met ander geregistreerde middels bied mielieprodusente nou bewese opsies vir veilige, langwerkende onkruidbeheer. Daarbenewens spog die produk met talle uitnemende voordele, soos dat dit geskik is vir bykans alle grondtipes, ongeag die klei-inhoud. Dit is boonop veilig om voor en selfs na opkoms toe te dien in mielies.

Voorts gebruik Yamato 10 tot 20 keer minder aktiewe bestanddeel as ander soortgelyke, vergelykbare produkte (een liter geformuleerde produk kan tussen vyf en tien hektaar behandel). Boonop loog dit min, dus bly die produk langer in die boonste laag van die grond waar gras- en onkruidsade gewoonlik ontkiem.

Yamato is ’n hoogs doeltreffende gras-en-breëblaaronkruiddoder in mielies.

Volgens Henk van der Westhuizen, besturende direkteur van Philagro, bied dié nuwe produk aan mielieprodusente die geleentheid om hulle lande beter te bestuur deur gras en onkruid veilig en doeltreffend te beheer. Die vermoë om verskeie kombinasies na gelang van spesifieke behoeftes toe te dien, bied produsente waardevolle nuwe opsies om hardnekkige onkruidprobleme hok te slaan. Dit is nou beskikbaar deur Philagro se landswye handelaarsnetwerk, AECI Plant Health.

Yamato® 480 SC (Reg. nr. L10746, Wet nr. 36 van 1947) bevat piroksasulfoon, skadelik. Yamato® is die geregistreerde handelsmerk van Kumiai Chemical Industry Co., Ltd, Japan.