Tegnologiese oog verseker tydige beelde

Renier Bothma, Kynoch
Gepubliseer: 9 Julie 2020

951

Presisieboerdery omsluit alles vanaf chemiese grondkaarte tot plaasimplemente. Hoe meer presisietoepassings ’n produsent gebruik, hoe groter word die behoefte na meer inligting. Dit vereis egter sinvolle hantering asook stoorplek.

’n Kaart kan gemaak word van bykans elke aksie wat op ’n gegewe land of tydstip uitgevoer word. Die uitdaging is egter om al hierdie inligting op so ’n manier te stoor dat daar op enige tydstip vergelykings gemaak kan word vir moontlike aanpassings aan bemestingsbeplanning. KynoPreciseTM is die ideale instrument vir hierdie uitdaging.

KynoPrecise is ’n sagtewaretoepassing waarop gemerkte lande geregistreer word om elke twee weke NDVI-beelde vanaf twee verskillende satelliete te ontvang. Dit verseker tydige beelde wat help om gewasveranderinge binne ’n kort vensterperiode te kan uitwys. Die toepassing is dus baie handig om byvoorbeeld proewe te monitor of om probleme met besproeiingspakkette op besproeiingslande uit te wys.

Dit het ook die vermoë om verskillende tipes kaarte met mekaar te vergelyk om te sien of afwykings of verskynsels ooreenstem. In Figuur 1 word ’n mielie-opbrengskaart van die 2019-seisoen aangetoon. Die rooi kleur dui ’n laer opbrengs aan, terwyl die groen gedeeltes weer ’n hoër opbrengs aandui. In Figuur 2 word die bo­grond van ’n land se K-vlakke aangedui. Hier word lae K-vlakke aangetoon met ’n rooi kleur en hoë vlakke deur ’n groen kleur.

Hierdie toepassing bied die vermoë om ’n gewas se groei en ontwikkeling gedurende ’n seisoen te monitor – beslis ’n aanwins vir enige produsent.

Figuur 1: ’n Mielie-opbrengskaart.
Figuur 2: K-vlakke in ’n land se bogrond volgens ’n grondmonster­nemingspatroon met ’n 1 ha-rooster.