Mikrobes verhoog wortelgroei én opbrengs

Lafras Fouché, Omnia
Gepubliseer: 9 Julie 2020

1029

Omnia is baie opgewonde oor die moontlikhede wat mikrobiese produkte bied. Deur dekades van navorsing in die laboratorium en in die veld het ons kennis bekom wat ons nou aanwend om hierdie kragtige tegnologie kommersieel aan ons kliënte en vennote in die landbousektor beskikbaar te stel.

Wortels sonder enige behandeling.

Ons is nog altyd trots daarop om wetenskaplik bewese produkte en oplossings vir voedingstowwe aan ons kliënte te bied. Ons streef daarna om dieselfde benadering vir ons mikrobiese produkte te handhaaf. Die doelwit is om meer doeltreffend en volhoubaar te boer, terwyl insette verminder word.

Ons mikrobes
Bacstim® 100 is ’n konsortium van vyf plantgroei-bevorderende bakterieë bekend as Bacillus spp., wat biostimulerende effekte toon en prosesse binne die wortelsone fasiliteer en verbeter.

Deur statistiese navorsing is bewys dat die produk die volgende uitwerking het:

  • Dit lei tot verhoogde bogrondse en wortelbiomassa.
  • Verhoogde voedingsopname (41% stikstof, 37% fosfaat, 50% kalium, 34% kalsium en 45% magnesium soos statisties deur Omnia bewys) vind plaas.
  • Die chlorofilinhoud word verhoog.
  • Dit lei tot verhoogde wortellengte asook verhoogde lengte van die bogrondse gedeelte van die plant.
  • Daar is ’n verhoogde tempo van opkoms.

Foto 2 en 3 toon die beeld van wortels onder ’n mikroskoop nadat dit met Bacstim behandel is. Die toename van wortelhare verbeter die algemene gesondheid van die wortel, aangesien dié hare tot 70% van die wortel se totale oppervlakte bydra. Hierdie eienskap het opbrengsverhogings tot gevolg.

Wortels wat met Bacstim behandel is.
Dieselfde effek kan hier waargeneem word. Wortels sonder enige behandeling (links) en wortels wat met Bacstim behandel is (regs).

Humaatgebaseerde produkte
Tot onlangs het ons min geweet oor die effek wanneer humaat­gebaseerde produkte, soos Omnia se Rhizovator™-reeks, saam met bakterieë soos dié in Bacstim toegedien word. Hierdie neiging neem egter toenemend toe, soos gestaaf deur ’n aantal van ons agronomiese proewe.

Bacillus spp.

Met dié navorsing het ons gevind dat Omnia se humiensuur en Bacstim ’n unieke invloed op plantmetabolisme het en daarom so goed saam werk. Resultate het getoon dat humiensure die opname van voedingstowwe verbeter, terwyl die Bacillus spp. in Bacstim biotiese spanning verlig en die doeltreffendheid van die watergebruik verbeter.

Daar is verder gevind dat die toediening van biostimulante tydens plant, aan die begin van die eerste wortelbespuiting, of voordat spanning voorkom, ’n baie gunstiger uitwerking op die herstel van plante het in teenstelling met laat of geen toediening nie.