Jou vennoot in plantvoeding vir die toekoms

Werner Prinsloo, Yara International ASA
Gepubliseer: 9 Julie 2020

1145

In 1898 waarsku die president van die Britse Koninklike Akademie, sir William Crookes, dat ’n gebrek aan voedselsekerheid in die afsienbare toekoms ’n gevaar vir Engeland en ander vooruitstrewende nasies kon inhou. Sy voorspelling het skokgolwe deur die wetenskapgemeenskap gestuur.

Voedseltekorte het weliswaar nie toe ’n grootskaalse werklikheid geword nie; dit het wel ’n paar jaar later sekere Europese lande negatief begin beïnvloed.

In 1905, sewe jaar ná sir William se waarskuwing, stig twee Noorweërs die maatskappy Norsk Hydro om die dreigende hongersnood te help bekamp. Dié maatskappy staan vandag as Yara International ASA bekend.

Yara is vandag ’n leier in plantvoedingstegnologie, met meer as 17 000 werknemers in minstens 60 lande. Die maatskappy se leuse – “Om die wêreld te voed en die planeet te respekteer” – strook steeds met die oorspronklike rede vir sy ontstaan, maar wel op ’n baie meer verantwoordelike wyse.

Die maatskappy is teenwoordig in verskeie Afrika-lande waar alle klante op ’n deurlopende basis ondersteun word, van kleinskaalse produsente tot grootskaalse landboubesighede. So word ons missie en visie – ’n wêreld vry van honger en ’n planeet wat gerespekteer word – daagliks nagestreef en uitgeleef. Terselfdertyd word daar gefokus om waarde tot klante se produksieprosesse en besighede toe te voeg.

Met ’n omvattende infrastruktuur en plaaslike kennis kan die maatskappy produkte en dienste van gehalte aan produsente en ondernemings van alle groottes bied. Bo en behalwe korrelkunsmis, sluit ons produkreeks ook ’n groot verskeidenheid ander plantvoedingsoplossings in. Ons portefeulje van innoverende produkte en dienste word ondersteun deur die sterk klem op digitale en pre­sisieboerdery.

Yara Africa Fertilizer word ook ondersteun deur ons internasionale navorsings- en ontwikkelingsafdeling, wat die grondslag van die maatskappy se sukses oor die afgelope 115 jaar vorm. Navorsing en ontwikkeling vorm dus die onderbou van besluite oor produkkeuse en -toedienings. Plaaslike omstandighede word ook in ag geneem voordat ’n nuwe produk bekendgestel word. Ons plaaslike navorsing, demonstrasies en agronomiese dienste stel produsente in staat om ingeligte besluite te neem ten einde suksesvolle uitkomste binne hul bereik te plaas. Die produsent doen dus sake met ’n plaaslike maatskappy wat deur globale kennis ondersteun word.

Gehalte is ononderhandelbaar. Dit word bevestig deur die IFA-sertifisering in die kategorie vir Uitnemendheid wat Yara Africa Fertilizer vir die tweede maal vir al sy aanlegte in Suid-Afrika ontvang het. Die toekenning is geldig vir ’n tydperk van drie jaar, waarna dit hernu kan word. Die IFA-sertifisering word deur die Internasionale Kunsmisvereniging toegeken.

Aangesien Suid-Afrikaanse produsente innoverende besigheidseienaars in eie reg is, is ons diens kliëntgerig. Dit is vir ons belangrik om die jongste kennis met produsente te deel en produkte en dienste van gehalte te lewer.

Daar word sterk klem gelê op volhoubare produkte wat op ’n verantwoordbare wyse geproduseer word. Só kan produsente ’n meer omgewingsvriendelike benadering volg en steeds die beste opbrengste en gehalte nastreef. Die produkreekse word in die volgende Powerbrands vervat:

  • YaraLivaTM – kalsiumnitraatgebaseerde produkte soos Nitrabor.
  • YaraVitaTM – mikro-elementprodukte wat blaarvoedings, saadbehandelings, Procote en biostimulante insluit.
  • YaraTeraTM – wateroplosbare makro-element- en gecheleerde mikro-elementprodukte.
  • YaraVeraTM – spesiale ureumprodukte soos Amidas.
  • YaraRegaTM – ’n saamgestelde wateroplosbare NPK-reeks vir fertigation, maar op so ’n wyse dat dit ook meganies uitgestrooi kan word. Hierdie is unieke Yara-produkte.
  • YaraBelaTM – ammoniumnitraatprodukte wat YaraBelaTM Sulfan insluit.
    YaraMilaTM – saamgestelde NPK-produkte.

    Yara se Porsgrunn-aanleg in Noorweë.

Twee nuwe produkte word in 2020 in Suid-Afrika bekendgestel. Die een is YaraMila Lunar, wat deel vorm van die YaraMila-produkreeks – saamgestelde (alles-in-een-korrel), nitraatgebaseerde NPK-produkte vir die vestiging van verskeie graangewasse. Die ander produk is YaraBela Sulfan, ’n saamgestelde ammoniumnitraatproduk met swael vir die bobemesting van ’n verskeidenheid graangewasse.

Ter ondersteuning van bogenoemde produkte is daar ook ’n wye reeks hulpmiddels beskikbaar, soos die N-Tester en ander elektroniese toepassings soos Tankmix.com en Yara CheckIT.

Ons deel graag ons passie vir plantvoedingsoplossings met produsente. Vir meer inligting oor doelspesifieke plantvoedingsoplossings, skakel vandag nog jou naaste agent. Met Yara kan jy die beste opbrengs en gehalte binne jou bereik plaas.