Belegging in jong landbouleiers se groei

Ben Schoonwinkel, Syngenta Suid-Afrika
Gepubliseer: 11 Junie 2020

1743

Alhoewel die Suid-Afrikaanse landbousektor hoogs ontwikkel is, moet die bedryf talle uitdagings trotseer, onder meer ekonomiese druk, uiterste klimaat- en omgewingstoestande asook politieke onsekerheid.

Vir meer inligting oor die Leadership Academy for Agriculture, besoek www.agacademy.co.za. Luister ook na ’n onderhoud met Jannie de Villiers, uitvoerende hoofbestuurder van Graan SA, deur op die QR-kode te klik.

Die kernrede vir landbou is om genoeg voedsel te produseer om voedselsekuriteit te verseker in ’n Suid-Afrika waar hongersnood plek-plek begin kop uitsteek. Dit is egter nie so eenvoudig nie. Syngenta se leuse is “Bringing plant potential to life”. Op dieselfde trant glo ons dat Syngenta ’n bydrae kan lewer om potensiaal in die vorm van leierskapvaardighede binne die landbousektor te ontwikkel.

Met die visie om deel te wees van die vorming van landbou, is Syngenta trots om jong produsente en rolspelers as leiers op die plaas en in die landboubedryf op te lei om die uitdagings te verstaan, meer geleenthede te skep en nuwe idees te implementeer.

’n Artikel oor die akademie verskyn in SA Graan/Grain se April-uitgawe. Lees “Young leaders will make the difference” deur op hierdie QR-kode te klik.

Vanaf die Grain Academy (2013 – 2019) na die Leadership Academy for Agriculture (2020)
Teen hierdie agtergrond het die Grain Academy die lig gesien – ’n pasgemaakte program, ontwikkel vir jong, kommersiële produsente wat die argitekte van môre se landbou-arena is. Na sewe suksesvolle jare en die kaliber mense wat opgelei is, het Syngenta en Graan SA besluit om die program na alle landboubedrywe uit te brei om sodoende ’n groter impak in die landbousektor te verseker. Voorheen was die akademie toegespits op graanprodusente, maar nou sal meer kandidate die program, wat onder meer fokus op leierskapopleiding, verhoudingbestuur, kommunikasie en strategie-ontwikkeling, kan deurloop.

Die Leadership Academy for Agriculture is op 25 en 26 Februarie in Hartbeesfontein geloods. By die geleentheid was (voor van links): Sarel Olckers, Harry van der Merwe (direkteur, Thinking Fusion AFRICA), Jolanda Andrag, Mihlali Xhala, Lindiwe Nkoala, Nobuhle Gumede, Ikageng Maluleke, Gerswin Louw en Johan du Plessis.
Tweede ry: Johan Potgieter, Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder, Graan SA), Mbali Nwoko, Gehard de Clerk, dr René Uys (direkteur, Thinking Fusion AFRICA), Jean Mantsengwane, Jaco Prinsloo, Martin Meyer, Willie Marais en Jan-Hendrik Zietsman.
Derde ry: Wilhelm van Heerden, Nathan Naude, Matthew Worrall, Joy Middleton, Henk Harmse, Jan Teubes, Zach Mokhonoana en René Schoeman.
Agter: Louis Steyl, Johan Nel, Andile Buthelezi, prof Jan van Romburgh (waarnemende direkteur, NWU Besigheidskool) en Nick Stubbs.