Wen groot met jou unieke boereplanne op vanjaar se NAMPO Kaap. Skryf vroegtydig in om jou plek te verseker.

Reëls

  1. Ingeskrewe artikels moet by Graan SA NAMPO Kaap uitgestal word.
  2. Inskrywings sal slegs op die amptelike inskrywingsvorm aanvaar word.
  3. Slegs inskrywings wat Graan SA voor of op 23 Augustus 2019 bereik, sal deur Landbouweekblad gekontak word vir ’n volledige beskrywing wat tydensdie Oesdag saam met die inskrywing uitgestal sal word.
  4. Die deelnemer is verantwoordelik vir die vervoer van sy plan voor en ná die kompetisie, tensy anders met Omnia Nutrilogie® ooreengekom.
  5. Graan SA, Omnia Nutrilogie® en Landbouweekblad aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige verliese tydens deelname aan die kompetisie nie.
  6. Wenners moet tydens die prysuitdeling op Donderdag 5 September teenwoordig wees. Afwesigheid van hierdie geleentheid sal tot gevolg hê dat prys-geld verbeur word.
  7. Geen items wat kommersieel bemark word of in die proses van registrasie is, mag ingeskryf word nie.
  8. Die inskrywings van gepatenteerde items wat in ’n nuwe inskrywing omskep word, sal slegs toegelaat word as dit nie kommersieel beskikbaar is nie.
  9. Die beoordelaars se beslissing is finaal en geen mondelinge of skriftelike kommunikasie sal hieroor gevoer word nie.
  10. Die beoordelaars sal pryse na hul diskresie toeken en inskrywings diskwalifiseer sou dit nie gepas wees na hulle oordeel nie.
  11. Deelnemers kan meeding in die afdelings soos hierbo uiteengesit.
  12. Inskrywings moet Graan SA voor of op Maandag 2 September 2019 bereik.
  13. Inskrywings moet op die terrein wees om 14:00 op Dinsdag 3 September 2019. ’n Afskrif van die inskrywingsvorm moet saam met die plan by dieingangshek getoon word om toegang te verkry. Geen inskrywings sal sonder hierdie bewys op die terrein toegelaat word nie.
  14. Geen inskrywings mag voor Saterdag 7 September 2019 van die terrein verwyder word nie.
  15. Alle inskrywings word vir die duur van NAMPO Kaap as permanente uitstallings beskou. As ’n bakkie bv. gebruik word om te demonstreer hoe ’n planwerk, mag die bakkie nie van die terrein verwyder word nie.

Die beoordeling vind op Donderdag 5 September 2019 plaas. Produsente word genooi om die inskrywings te besigtig op standplaas D, langs Omnia. Skakel Wim Venter by 0860047246 met navrae.