Verbind tot die optimalisering van boerderybedrywighede

TotalEnergies Marketing South Africa
Gepubliseer: 22 April 2026

59

Van hoëprestasiesmeermiddels en kommersiële grootmaatbrandstof tot LPG (vloeibare petroleumgas), sonkrag en vlootbestuur – ons bevorder plaasproduktiwiteit landswyd in Suid-Afrika.

Landbouers is die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie. Hulle werk onverpoosd om gemeenskappe te voed, die ekonomie te ondersteun en grond vir toekomstige geslagte te bewaar. Agter elke suksesvolle boerdery is daar betroubare energie wat die ratte aan die draai hou – van trekkers en boorgate tot by kweekhuise en graandroërs.

By TotalEnergies Marketing Suid-Afrika gee ons graag erkenning vir hierdie sleutelrol wat produsente speel en is ons daartoe verbind om hulle te ondersteun met energie-oplossings wat net so hard soos hulle werk. Met meer as 70 jaar se plaaslike ervaring agter die blad, kan produsente vertrou op ons reputasie as ’n verskaffer van hoëprestasiesmeermiddels, brandstof, gas en hernubare-energie-oplossings wat vir die moderne landbou ontwikkel is.

Suid-Afrikaanse produsente is die hartklop van ons landbougemeenskap.

Energie-oplossings vir landboubedrywighede
Of jy nou met pluimvee boer, gewasse verbou of ’n gemengde boerdery bedryf, jou onderneming is konstant onder druk. Doeltreffendheid is dus noodsaaklik en onderbrekings kos geld. Die regte energievennoot kan ’n wesenlike verskil maak.

Hoëprestasiegrootmaatbrandstof en -smeermiddels
Landboutoerusting word aan strawwe toestande onderwerp en ons smeermiddels, wat die Agri-reeks insluit, is ontwerp om die nodige beskerming te bied. Dit verminder slytasie, verleng die tydperk tussen dienste en verbeter betroubaarheid in die veld.

Ons brandstofaanbod sluit Excellium Pro-diesel in en is geformuleer om enjindoeltreffendheid te verbeter en jou toerusting se leeftyd te verleng. Dit beskerm noodsaaklike masjinerie en verminder die risiko van oponthoude tydens plant- en oestyd.

Moderne boerdery aangedryf deur slim energie-oplossings.

Vloot- en brandstofkaartbestuur vir plase
Die bestuur van ’n vloot voertuie of trekkers bied talle uitdagings. Die TotalEnergies-vlootkaart vereenvoudig brandstofbestuur deur middel van veilige betalings, intydse verslagdoening en toegang tot meer as 660 diensstasies landswyd. Dit kan ook oorgrens in Namibië en Eswatini gebruik word. Beheer jou brandstofuitgawes en laat jou bedrywighede glad verloop met ons vlootkaartoplossing.

LPG vir verhitting, droogaksies en verwerking
Ons LPG is ’n skoonbrandende, kostedoeltreffende energiebron wat geskik is vir verhitting, droogmaakprosesse en verwerking. Van pluimveebroeikaste en droogmasjiene tot warm water in die melkery – LPG bied ’n buigsame oplossing wat koste en emissies help verminder. Ons LPG-diens word gerugsteun deur installasiebystand en tegniese kundigheid vir optimale prestasie wanneer dit werklik saak maak.

Sonkrag vir plase, sonder aanvangskapitaal
Ons kragaankoopooreenkomste laat produsente toe om na sonkrag oor te skakel sonder enige aanvangsbelegging. TotalEnergies hanteer die installasie, bedryf en instandhouding van die stelsels; jy betaal net vir die energie wat jy verbruik. Jy verlaag dus jou koste terwyl jy volhoubaarheid in die hand werk.

’n Verspreidingsnetwerk wat jou plaas bereik
Ons het een van die mees uitgebreide verspreidingsnetwerke vir brandstof, smeermiddels en gas in Suider-Afrika en verseker sodoende betroubare voorraad daar waar dit nodig is – op plase, by koöperasies, silo’s en landbouverwerkingsfasiliteite. Ons spanne bied ook hulpmiddels en ondersteuning om verbruik te monitor, koste te bestuur en doeltreffendheid te verbeter.

Ons hou bedrywighede aan die gang deur elke seisoen.

Veiligheid, diens en tegniese ondersteuning
Al ons dienste en produkte word gerugsteun deur ons verbintenis tot veiligheid, gehalte en diens. Ons LPG-silinders word streng onderhou en voldoen aan nasionale veiligheidstandaarde, terwyl ons tegniese spanne landswyd beskikbaar is om jou te ondersteun – van brandstofberging tot hernubare-energie-beplanning.

Jou vennoot in landbouvooruitgang
TotalEnergies is verbind tot die ondersteuning van Suid-Afrikaanse produsente, vandag en in die toekoms. Van LPG en hoëprestasiebrandstof tot sonkrag en vlootoplossings – ons bied meer as blote energie. Ons is jou vennoot in vooruitgang.

Kom ontmoet ons span tydens NAMPO Bothaville van 12 tot 15 Mei 2026 by stalletjies 18, 19 en 20 in die TotalEnergies-saal, en ontdek hoe ons jou plaas die toekoms in kan neem.

Besoek totalenergies.co.za vir meer inligting.