Kanolakultivars presteer in uiters nat seisoen

Jan Botes en Jaco Jacobs, Agricol
Gepubliseer: 7 Februarie 2024

321

Die afgelope seisoen in die Wes-Kaap is gekenmerk deur uitermatig hoë reënval wat die produksietoestande uitdagend gemaak het vir kanolaprodusente. Ten spyte van die strawwe toestande het Agricol se triasien-tolerante kultivars (TT) verwagtinge oortref met hul topopbrengste.

Agricol se opwindende nuwe TT-kanolapakket bestaan uit Alpha TT, AGAstra TT, HyTTec Trophy, HyTTec Trifecta asook HyTTec­ Velocity wat die nuwe toevoeging is tot die reeds suksesvolle pakket. Die jaarlikse nasionale kultivarproewe het die opbrengspotensiaal van die TT-kultivars in die afgelope seisoen se moeilike produk­sietoestande beklemtoon.

Swartland
In die Swartland-kanolaproduksiegebied het Agricol se TT-kultivars soos volg presteer in die nasionale kultivarproewe: Alpha TT het ’n opbrengsgemiddeld van 2,49 t/ha gerealiseer, terwyl AGAstra TT self 2,30 t/ha gerealiseer het. Die nuwe kultivars, HyTTec Trophy en HyTTec Trifecta, het bogemiddeld presteer met uitstekende opbrengste van 2,66 t/ha en 2,64 t/ha onderskeidelik. HyTTec Trophy het as wenner in hierdie kategorie in die Swartland-proewe weggestap.

Suid-Kaap
Wat die Suid-Kaap-area betref, het Agricol se TT-kanolakultivars ook baie goed presteer. Alpha TT het ’n opbrengs van 2,86 t/ha ge­realiseer, terwyl AGAstra kort op sy hakke was met ’n opbrengs van 2,82 t/ha. HyTTec Trophy en HyTTec Trifecta het weer eens puik presteer met opbrengste van 3,01 t/ha en 3,25 t/ha onderskeidelik. HyTTec Trifecta was die algehele wenner onder die Suid-Kaap se TT-kultivars.

Terugvoering vanaf produsent
Boetie Beukes van Kralegin-boerdery naby Caledon is die derde generasie Beukes op hierdie grond. Hy het ’n gemengde boerdery wat skaap- en saaiboerdery insluit.

Volgens Boetie is TT-kanolakultivars definitief die moeite werd en vergemaklik dit produsente se bestuurspraktyke. Hy beklemtoon ook die belangrikheid van TT-kultivars om gras en breëblaaronkruide in kanolalande te beheer.

Boetie het die afgelope seisoen Agricol se nuwe TT-kanolakultivars getoets asook bestaande toppresteerders in Agricol se kanolapakket. Die kultivars wat geplant is, sluit AGBravo, Alpha TT, HyTTec Trophy asook HyTTec Trifecta in. Die resultate wat daardeur verkry is, was as volg: Op die plaas Klipheuwel is AGBravo en HyTTec Trophy geplant en op die plaas Kralegin is Alpha TT en HyTTec Trifecta geplant.

HyTTec Trophy het ’n opbrengs van 3,0 t/ha gerealiseer, ter­wyl AGBravo ’n opbrengs van 2,80 t/ha gerealiseer het. By Kralegin het HyTTec Trifecta ’n opbrengs van 3,30 t/ha gelewer, terwyl Alpha TT ’n opbrengs van ongeveer 2,55 t/ha gerealiseer het.

Konvensionele kultivars
Quartz en Diamond is twee bekende en betroubare konvensionele kultivars in die Agricol-pakket wat hulself oor die afgelope paar jaar bewys het. Die sukses van die kultivars word toegeskryf aan hul opbrengsstabiliteit asook hul goeie siekteweerstand. Volgens die afgelope seisoen se nasionale kultivarproefdata in die Swartland- en Suid-Kaap-areas het dié kultivars soos volg presteer:

Diamond het ’n gemiddeld van 2,82 t/ha in die Swartland behaal en 3,05 t/ha in die Suid-Kaap-area. Quartz het ’n gemiddeld van 2,94 t/ha in die Swartland gelewer en 3,63 t/ha in die Suid-Kaap-area. Die seisoensaanpasbaarheid van hierdie twee kultivars word duidelik deur hierdie data beklemtoon.

Clearfield
Agricol se kanolapakket spog ook met ’n nuwe Clearfield-baster, naamlik Nuseed Ceres IMI. Hierdie kultivar, wat ’n kort groeiseisoenlengte het, is bekend vir sy seisoensaanpasbaarheid en opbrengsstabiliteit. Nuseed Ceres IMI het in die afgelope seisoen se nasionale kultivarproewe 2,94 t/ha in die Swartland en 3,08 t/ha in die Suid-Kaap gerealiseer.

Vir uitnemende kanolasukses, kontak jou naaste Agricol-tak of die Agricol-agent in jou area. Plant in die kol, plant Agricol.