Doeltreffende beheer van taai onkruide in mielies

Verskaf deur Philagro
Gepubliseer: 27 September 2023

501

Yamato® 480 SC van Philagro is ’n bewese troefkaart in die stryd teen hardnekkige on­kruidsoorte in mielielande.

Taai en weerstandbiedende gras- en breëblaaronkruide huiwer nie om mielie­opbrengste ’n knou te gee nie – en dit is juis hier waar Yamato sy staal behoorlik wys. Met sy unieke chemie bied dié produk doeltreffende beheer van ’n wye verskeidenheid onkruidsoorte in talle grondtipes; met aanpasbare voor- en na-opkomstoedieningsopsies.

“Moeilik beheerbare gras- en breëblaaronkruidsoorte bly ’n uitdaging vir mielieprodusente in hul soeke na doeltreffende beheer van onkruidmededinging in mielielande,” het Bennie Buys, Philagro se produk­be­­stuurder vir onkruiddoders, gesê. “Ons plaaslike navorsings­proewe het gewys dat Yamato veilige gewasbeskerming bied en hoogs aanpasbaar aangewend kan word na gelang van elke produsent se spesifieke behoeftes,” het hy verduidelik. “Voorts is hierdie middel uiters veilig op mielies en kan dit met gemoedsrus toegedien word.”

Die toename in onkruidbevolkings het in die afgelope paar seisoene aansienlike verliese in verskillende gewasse veroorsaak. Die aanpasbaarheid van taai en selfs weerstandbiedende onkruidsoorte in verskeie produksiegebiede laat ’n groot hoeveelheid sade agter wat uiteraard ’n impak op die volgende seisoen sal hê.

Unieke chemie
Hierdie produk is deur Kumiai Chemical Industries in Japan ontwikkel en is reeds in ’n wye verskeidenheid toestande en gewasse met groot sukses wêreldwyd gekommersialiseer. Die aktiewe bestanddeel, piroksasulfoon, spog reeds in verskeie lande met ’n benydenswaardige reputasie vir doeltreffende beheer van moeilik beheerbare onkruide.

Vanuit ’n tegniese perspektief inhibeer piroksasulfoon onkruide vroeg in die ontkiemingsproses. Dit word hoofsaaklik deur die koleoptiel van grasse opgeneem en ook deur die hipokotiel en wortels van breëblaaronkruidsaailinge.

Verskeie plaaslik beproefde kombinasies met ander geregi­streerde middels bied Suid-Afrikaanse mielieprodusente nou be­wese opsies vir veilige, langwerkende onkruidbeheer. Boonop spog Yamato, aangedryf deur AZEEV Technology, met talle uitnemende voordele, onder andere dat die produk geskik is vir bykans alle grondtipes, ongeag die klei-inhoud. Dit is ook veilig om voor en selfs na opkoms in mielies toe te dien.

Voorts gebruik die produk 10 tot 20 keer minder aktiewe bestanddeel as ander soortgelyke, vergelykbare produkte (byvoorbeeld, een liter geformuleerde produk kan 10 hektaar behandel). Boonop loog dit min en die produk bly dus langer in die boonste laag van die grond waar gras en breëblaaronkruide gewoonlik ontkiem. ’n Studie wat gedurende 2009/2010 in Noord-Colorado gedoen is, dui aan dat die halfleeftyd van piroksasulfoon ongeveer 20% langer as die van S-metolachloor (47 teenoor 39 dae)1 is. Dit dui op ’n stadiger afbraaktempo wat ’n langer residuele effek tot gevolg kan hê.

Dit alles lei natuurlik tot bykomende voordele en besparings in stoorplek, vervoer en ander koste.

Betroubare gewasveiligheid
Uitgebreide proewe in Suid-Afrika en verskeie ander lande wys dat Yamato-tenkmengsels en spruitprogramme met die produk wat volgens etiketaanbevelings gekombineer word, uiters betroubaar is wat gewasveiligheid betref. Weens die verskeidenheid groeitoestande in die verskillende streke van Suid-Afrika en die voorkoms van diverse gras- en breëblaaronkruidsoorte en kombinasies daarvan, beveel Philagro se navorsers tans altesaam 14 moontlike produkkonsepte aan met Yamato as die ankerproduk. Hierdie kombinasies is spesifiek ontwikkel vir streke met verskillende klimaattoestande en sones; met spesifieke weerstandbiedende en moeilik beheerbare onkruidsoorte in gedagte.

Yamato se breë spektrum van beheer bied produsente ’n be­wese metode om hardnekkige onkruide te beheer. Skoon lande dra uiteraard altyd by tot gesonde gewasse en groter opbrengste.

Volgens Henk van der Westhuizen, besturende direkteur van Philagro, bied Yamato aan mielieprodusente die geleentheid om hul lande beter te kan bestuur deur gras- en breëblaaronkruid veilig en doeltreffend te beheer. Die vermoë om verskeie kombinasies na gelang van spesifieke behoeftes toe te dien, bied produsente waardevolle opsies om hardnekkige onkruidprobleme hok te slaan.

Die produk is beskikbaar deur Philagro se landwye handelaarsnetwerk, AECI Plant Health, Laeveld Agrochem (LAC) en Agronamic.

Yamato 480 SC (Reg. nr. L10746, Wet nr. 36 van 1947) bevat piroksasulfoon, skadelik. Yamato® is die geregistreerde handelsmerk van Kumiai Chemical Industry Co. Ltd, Japan.

Vir meer inligting hieroor besoek www.philagro.co.za.

Bron

  1. Westra, EP, Shaner, DL, Westra, PH & Chapman, PL. 2014. Dissipation and Leaching of Pyroxasulfone and S-Metolachlor, Weed Technology, 28(1), 72-81.
Skoon lande dra altyd by tot gesonde gewasse en groter opbrengste.