Landbou bied ’n oortuigende argument vir doelgerigte innovering

Verskaf deur Omnia Nutriology®
Gepubliseer: 4 Julie 2023

471

Volhoubare sakepraktyke is toenemend in die kollig met besprekings hieroor wat die agendas oor raadsale heen oorheers. Om ambisieuse volhoubaarheidsdoel­witte te bereik terwyl daar terselfdertyd aan ontwikkelende sake-, mark- en sosio-ekonomiese vereistes voldoen word, is egter geen maklike saak nie – veral binne die konteks van ekonomiese ontwrigting en maatskaplike omwenteling.

Dit vereis doelgedrewe samewerking en toenemend responsiewe innovering oor onder meer produkte, prosesse en stelsels/tegnologieë.

Die relevansie-raaisel
Terwyl vele besighede daarna streef om vinniger te innoveer en voorlopers te wees, moet die werklike fokus op doelgerigte innove­ring wees. Dit is veral waar vir die landbousektor, aangesien ons werk om voedselsekerheid oor die hele vasteland te verseker.

Landboubesighede moet vra of daar werklik ’n begrip is van die onmiddellike behoeftes van die mense, gemeenskappe, sakeondernemings en ekonomieë wat die oplossings wil dien. Is oplos­sings relevant, skaalbaar en volhoubaar? Hierdie vrae bly die kern van Omnia Nutriology® se responsiewe innoveringsetos en is duidelik te sien in die impak wat dit gemaak het in die markte wat ons bedien. Ons erken dat innovering verder moet strek as bloot net om plaaslike bekommernisse te hanteer en aanpasbare oplossings te bied. Innovering moet ons help om gesamentlik meer veerkragtig te word in die lig van toenemende uitdagings. Soms vereis dit deurbrekende of selfs ontwrigtende innovering; maar meestal is aanpasbare innovering die mees produktiewe pad vorentoe.

In die geval van landbou
Landbou bied ’n boeiende gevallestudie van die rol van sowel deurbrekende as aanpasbare innovering. Soos met baie ander streke, is voedselsekerheid boaan die Afrika-kontinent se agenda. Voedselprodusente is onder geweldige druk om ’n vinnig groeiende be­volking te voed, maar hulle moet dit doen met beperkte hulpbronne en onder toenemende druk om op ESG-vriendelike (omgewings-, maatskaplike en bestuurstoesig) maniere te boer. Dit is egter ’n uitdaging.

In Suid-Afrika is konvensionele boerdery, wat die meeste van die land se voedsel produseer, baie koolstofintensief. Volgens die Verenigde Nasies se Voedsel- en Landbou-organisasie3 (FAO) het die gebruik van water in die landbou wêreldwyd sedert die 1960’s verdubbel, terwyl oesopbrengste en voedingsgehalte afgeneem het. Die dinamiek word vererger deur die verhoogde voorkoms van plae en indringergewasse as gevolg van klimaatsverandering.

Holistiese ingryping om risiko te oorkom
In hierdie konteks is ’n holistiese reeks oplossings noodsaaklik om meer doeltreffende produkte, dienste en presisietegnologie(ë) te lewer. ’n Holistiese ingryping sal uiteindelik help om risiko’s te oorkom wat ’n eksistensiële bedreiging vir die landbou inhou.

Innoverende kunsmisstrategieë, byvoorbeeld die gebruik van ammoniumnitraat, is uiters doeltreffend om stikstof in die grond te sit, wat gewasgesondheid, oesopbrengs en waterverbruiksdoeltreffendheid ook aansienlik verbeter.

Met die gepaste gebruik van hoëgehaltebiostimulante kan produsente waterverbruiksdoeltreffendheid met soveel as 50% verbeter, soos deur Omnia se eie navorsing bewys is. Gevorderde biostimulante verhoog ook opbrengs terwyl verdraagsaamheid vir stres en siektes verhoog word. Natuurlik is die produksie van hoër opbrengste en meer voedende gewasse baie meer volhoubaar en winsgewend; ’n wen-wen-situasie vir almal.

Hierdie innoverings, saam met die kundigheid van gewasspe­sialiste en satelliettegnologie om probleemondersoeke op lande te doen – iets wat vandag baie meer toeganklik is – sal die landbou in staat stel om die grense wat die uitdagings aan ons stel, te verskuif.

’n Orio-robot wat te sien was by NAMPO 2023.

Oplossings op soek na ’n probleem? Dink weer
Die kernpunt is dat hierdie innoverings nie noodwendig “oplos­sings op soek na ’n probleem” sal wees nie, maar doel-ontwikkelde produkte of die geïnspireerde herbestemming van bestaande tegnologie om in die dringendste behoeftes van landbouprodusente te voorsien. Dit wil sê, hierdie innoverings is ontwerp om produsente te help om by die veranderende vraag en uitdagende klimaatstoestande aan te pas.

As die leier van ’n besigheid wat floreer, grootliks as gevolg van sy vermoë om om te draai en te innoveer, waardeer Omnia die geweldige, spelveranderende waarde van innove­ring – beide in die voldoening aan die uiteenlopende, vinnig ver­anderende vereistes van nywerhede en sektore, maar om ook kommersiële uitkomste oor die besigheidswaardekettings heen te bereik. Dit is vir Omnia Nutriology® veel minder belangrik of innovering ontwrigtend, deurbrekend of aanpasbaar is, as dat dit doelgerig is.

Doelgerigte innovering deur Omnia Nutriology®
Nutriology®
Omnia Nutriology® se mededingende voordeel lê in sy Nutriology-benadering. Nutriology® maak hulpbrondoeltreffendheid moontlik, optimaliseer opbrengs en oesgehalte om winsgewendheid te verhoog terwyl dit boerdery- en omgewingsrisiko’s verminder. Dit word ondersteun deur die grootste geakkrediteerde grondont­ledingslaboratorium in Afrika, asook sterk belegging in agritegnologie om presisieboerdery moontlik te maak.

Laser Ag-grondlaboratorium in Zambië
Ons het die tegnologiese landskap in lande soos Zambië geheel en al verander deur ’n gevorderde Laser Ag-grondlaboratorium – ’n eerste vir die Afrika-kontinent – op die been te bring.

Selfaangedrewe voertuie deur die Axioteq- en Naïo-vennootskap
Oor die wêreld heen aanvaar meer landbouprodusente die gebruik van outonome voertuie om doeltreffendheid op hul plase te verhoog. Sedert dit deel van die Omnia-groep geword het, fokus Axioteq op die bou van nuwe toerustingoplossings wat spesifiek voorsiening maak vir Suid-Afrika se uitdagende klimaat. Omnia en hul vennoot, Naïo, beoog om die landboumark vir outonome voertuie te kommersialiseer. Hulle het die Orio-robot gesamentlik by NAMPO ten toon gestel – ’n selfaangedrewe gereedskapdraer vir groente en industriële gewasse. Deur ’n lewendige demonstrasie het die Orio bewys dat hierdie selfaangedrewe toestelle toegerus kan word met gereedskap om omgewingsimpak te verminder, oorbenutting van plaagdoders en water te help beperk en algehele plaasdoeltreffendheid te verbeter.

Carbon Bee Smartstriker™
Die Carbon Bee SmartStriker-oplossing wat deur Omnia bemark en versprei word, verander die speelvlak in onkruidopsporing, wat intydse identifikasie, lokalisering en digt­heidsontledings verskaf.

Hierdie stelsel maak presiese en doelgerigte kolbespui­ting moontlik, ongeag die beheertegniek wat gebruik word. Daarbenewens blink dit uit in die identifisering van ongewenste plantegroei tussen gewasse met ’n groen-op-groen vermoë, wat doeltreffende veldbestuur moontlik maak.

Die uiteindelike doel van die SmartStriker-stelsel is om koste te bespaar, winsgewendheid te optimaliseer en omgewingsvoordele te lewer, wat produsente bemagtig om ingeligte be­sluite te neem en volhoubare uitkomste vir hul besighede en die omgewing te verseker.

Groenammoniak-ooreenkoms met WKN
Omnia het onlangs ’n ooreenkoms met WKN Windstroom onderteken om die plaaslike produksie van groen waterstof en groen ammoniak in Suid-Afrika te ondersoek. Die beoogde nuwe ammoniakproduksie-aanleg sal aangedryf word deur hernubare energie uit veelvuldige bronne, naamlik wind- en sonkrag, wat deur WKN ontwikkel is. Die doelwit is om groen ammoniak met ’n mededingende prys te vervaardig teen ’n kapasiteit van tot 100 000 ton per jaar, wat ’n vermindering van CO2-emissies tot gevolg sal hê.

AgriBio
Ons fokus op internasionale vlak is op die verspreiding van ’n reeks biostimulante wat wêreldwyd uniek is. Biostimulante is stowwe of mikroörganismes wat, wanneer dit op plante of sade toegedien word, voedingstofopname, voedingstofgebruiksdoeltreffendheid, verdraagsaamheid teen abiotiese stres, gewaskwaliteit en opbrengs kan verbeter. Hierdie biostimulante word gegroepeer in mikrobiese produkte, soos Bacstim® (bacillus-spesies) en niemikrobiese biostimulante, soos humate en kelp. As deel van ons groeiplanne, is die ontwikkeling van AgriBio-produkte heel bo aan ons lys.

Bronne

  1. https://www.worldbank.org/en/topic/climate-smart-agriculture
  2. https://iopscience.iop.org/article/10.1088/1748-9326/11/9/095007
  3. https://iopscience.iop.org/article/10.1088/1748-9326/11/9/095007