Skuif van NAMPO ’n inklusiewe besluit

Toit Wessels, assistentbestuurder: NAMPO en Bemarking
Wim Venter, administratiewe beampte: NAMPO Oesdag
Gepubliseer: 29 Maart 2021

904

Graan SA se Dagbestuur het aan die einde van Januarie 2021 vergader, terwyl die tweede vlaag van die pandemie die land geteister het. Dáár is besluit om met alle belanghebbendes, insluitend uitstallers (vennote), te konsulteer voordat ’n besluit oor die NAMPO Oesdag 2021 geneem word.

’n Omvattende vraelys met 16 vrae is opgestel om uitstallers se terugvoering te kry oor onder meer hoe die COVID-19-pandemie hul besigheid beïnvloed asook hul siening rakende die skuif van NAMPO 2021 na Augustus. Waardevolle inligting is ontvang van die 473 korrespondente wat die vraelys voltooi het. Dit het Graan SA se taak vergemaklik om ’n moeilike – maar weldeurdagte – besluit oor NAMPO 2021 te neem.

Belangrike inligting wat na vore gekom het, is dat uitstallers vanjaar hul siening verander het oor die aanbied van NAMPO op ’n Saterdag – dus sal die moontlikheid van NAMPO op ’n Saterdag ondersoek word.

Na aanleiding van gesprekke met alle belanghebbendes en die reaksie van uitstallers op die vraelys, moes Graan SA weer die moeilike – maar verantwoordelike – besluit neem om die 2021 NAMPO Oesdag te skuif na 17 – 20 Augustus 2021. Graan SA sal die datum evalueer op 1 Junie 2021 en hersien indien dit deur die Nasionale Ramptoestand genoodsaak word.

Reaksie van uitstallers op van die vrae:

Kyk hoe mooi lyk NAMPO Park tans na die lekker baie reën in die Vrystaat. Die park sou besonder mooi en gereed gewees het vir ’n NAMPO in Mei.