Met insetkoste wat voortdurend aan die styg is, monitor Graan SA se landbou-ekonome die winsgewendheidsituasie van graan en oliesade tans op ’n maandelikse basis. Soos nuwe inligting na vore kom, hetsy dit insetkoste soos kunsmis- of brandstofpryse of die Safex-prys is, word die winsgewendheidsituasie vir die komende somergraanseisoen beraam om vir produsente en die bedryf dié prentjie te skets.
Rig navrae aan Petru Fourie van Graan SA by petru@grainsa.co.za of kontak haar by 086 004 7246.