Die Graan SA/John Deere-resepkompetisie gee jou die geleentheid om jou kreatiwiteit in die kombuis op die proef te stel, en jy het boonop ’n kans om daarvoor beloon te word.
Ons April-wenner* is: Geraldine van Rensburg van Klerksdorp
HEMELSE MIELIETERT
Genoeg vir agt persone

Bestanddele:
1 koppie rou mielierys (maize rice)
1 blikkie soetmielies (sweet corn)
1 koppie pitmielies
1 koppie gerasperde kaas
2 geklitste eiers
250 ml room
1 rooi ui
½ tot 1 pakkie spek
Italiaanse kruie
sout
peper
1 teelepel bakpoeier
Metode:
(voorverhit oond tot 180 °C)
- Week mielierys oornag in koue water.
- Kook die volgende dag tot gaar en dreineer goed. Laat effens afkoel.
- Braai ui en spek en geur met peper en Italiaanse kruie na smaak.
- Meng mielierys, ui-en-spekmengsel, eiers, soetmielies, pitmielies, kaas, sout en room saam.
- Meng die bakpoeier laastens liggies by die mengsel in.
- Giet die mengsel in ’n gesmeerde bak.
- Bak teen 180 °C vir 30 tot 40 minute tot goudbruin en gestol.
Addisionele inligting
Hierdie is ’n glutenvrye resep wat heerlik saam met braaivleis werk!
* Die maandelikse wenner ontvang ’n geskenkbewys vanaf John Deere en kom outomaties in aanmerking vir die R5 000-kontantprys wat aan die einde van die jaar aan die algehele wenner toegeken sal word. Kompetisiereëls word op die webwerf (sagrainmag.co.za) uiteengesit.









