Die landbousektor is die ruggraat van die Suid-Afrikaanse ekonomie en is verantwoordelik vir die voorsiening van voedselsekerheid, werkskepping en uitvoeromsette. Die sektor word gekenmerk deur verskeie uitdagings: wisselvallige markpryse, onvoorspelbare weerstoestande en hoë operasionele koste soos brandstof en kunsmis. Operasionele besluite soos die bestuur van kontantvloei, die versekering van ononderbroke produksie, volhoubaarheid en die optimale benutting van plaastoerusting en bates is uiters belangrik. In hierdie verband is batefinansiering ’n noodsaaklike strategie wat produsente kan gebruik ten einde sekuriteit te verseker.
Suid-Afrikaanse produsente word genoodsaak om vandag op groot skaal te boer en gevolglik groter grondoppervlaktes te benut. Hierdie vergrote oppervlaktes moet bewerk, geplant en gestroop word, met ’n behoefte na groter, effektiewer en meer toerusting of bates wat dus ontstaan. Plaaslike produsente se hooffokus is volhoubaarheid, en dit is hier waar CNH Capital ’n groot rol begin speel. Batefinansiering stel die produsent in staat om die regte bates aan te koop wat koste-effektiwiteit en produktiwiteit verbeter. Effektiewe grondbewerking, plant en stroop bring besparings in insetkoste en asook verhoogde opbrengs per hektaar mee.
Gesonde bate-uitbreiding behels dat toerusting en bates betyds vervang moet word om die risiko van onvoorsiene meganiese probleme te beperk. ’n Gereelde vervangingsiklus van trekkers en stropers verseker dat die produsent meer gereeld nuwe bates aankoop en dus nuwe en beter tegnologie op die plaas aanwend wat weer opbrengs op belegging verhoog. Die meeste nuwe trekkers kom vandag met ’n verlengde waarborg. Dit verseker beter kwaliteitsbeheer tydens produksie en verminder die risiko van meganiese brekasie op medium termyn en onbeplande groot kontantbesteding aan herstelwerk deur die produsent. New Holland se stroperreeks het ’n standaard-driejaarwaarborg. ’n Nuwe tendens is dat produsente ’n vervangingsiklus instel van tussen drie tot vier jaar op hierdie produk. Weer eens speel batefinansiering en CNH Capital ’n belangrike rol hier. Produsente behoort seker te maak dat hul beplande vervangingsiklus inskakel by hul finansieringstermyn.

Wanneer om ’n masjien te vervang word met behulp van die volgende eenvoudige voorbeeld toegelig: As die fabriekswaarborg drie jaar is, moet die finansieringstermyn nie langer as vier jaar wees nie. Hoe langer die periode tussen die verstryking van die fabriekswaarborg en die laaste paaiement is, hoe hoër word die risiko van meganiese probleme wat weer kontantvloei kan kniehalter. Sodra die laaste paaiement betaal word, moet die bate dien as ’n deposito of inruiling op ’n nuwe bate. Deesdae bestaan daar baie meer opsies om ouer toerusting van die hand te sit. Die meeste handelaars bied inruilopsies en van die finansieringsinstellings bied ook opsies waar privaat verkope geakkommodeer kan word.
Laat CNH Capital vir jou werk. Batefinansiering bied deesdae baie meer buigsaamheid en kan by kontantvloeibeplanning inpas. Terugbetalingsterme kan in die meeste gevalle gestruktureer word rondom die produsent se kontantvloeipatrone. Paaiemente moet gestruktureer word op so ’n wyse dat betalings eers verlang word nadat oestyd voltooi is en die produsent fondse beskikbaar het. Boerderye verskil van mekaar en daar moet dus fyn beplan word wanneer terugbetaling van paaiemente geskeduleer word. Terugbetalingsvoorwaardes kan gereël word op ’n maandelikse, kwartaallikse of jaarlikse basis, afhangende van die produsent se seisoenale inkomste.
Verder kan die produsent groter kapitaaldelgings maak as verhoogde kontantvloei voorkom. Hierdie groter kapitaaldelgings help nie net om die skuldlas te verminder nie, maar verminder ook die toekomstige paaiemente wat weer kontantvloei op medium termyn verbeter. Maak net seker by die finansiële instelling of enige boeterente betaalbaar is.
Produsente word verder ernstig gemaan om strategiese finansieringsbesluite op gereelde basis met hulle rekenpligte beampte of boekhouer te bespreek. Waardevermindering, belastingaftrekkings en die hantering van BTW is belangrike aspekte waaroor produsente en boekhouers gereeld in gesprek moet tree aangesien dit ’n groot impak op kontantvloei het.
Batefinansiering speel ’n kardinale rol in die ondersteuning van Suid-Afrikaanse produsente en dit verhoog die mededingendheid van die landbousektor. Buigsaamheid, aanpasbaarheid en innovasie aan die kant van handelaars, finansiële instellings en produsente sal lei tot ’n wen-wen-situasie.
Vir enige navrae kontak vir Eddie Pelcher by 066 486 4700.