Groter opbrengste danksy mikorisa

Jaco Marais,, Philagro
Gepubliseer: 28 Augustus 2023

356

Sojabone en sonneblom is van Suid-Afrika se belangrikste somergewasse en word jaarliks in verskeie dele van die land verbou.

Volgens die Oesskattingskomiteesyfers het die nasionale sojaboonaanplantings van 827 100 ha gedurende 2021 vermeerder tot 925 300 ha in 2022. Dit reflekteer ’n 10,7%-toename jaar op jaar. Die nuutste vooruitskatting tydens publikasie van hierdie artikel dui op ’n verdere toename in sojaboonaanplantings van tot en met 19,5% na 1 148 300 ha vir 2023. Alhoewel sonneblomaanplantings van 2021 met 33,3% na 670 700 ha in 2022 vermeerder het, word ’n effense daling na 555 700 ha in aanplantings vir 2023 verwag.

Sojaboon- en sonneblomprodusente moet verskeie uitdagings trotseer: hoër insetkoste (bv. kuns­mis, brandstof, saad en landbouchemie), klimaats- en omgewingsfaktore, die huidige energiekrisis, hoë rentekoerse asook sosio-ekonomiese onsekerhede. Tog is die Suid-Afrikaanse produsent, met ’n landbousektor wat wêreldwyd mededingend is, in ’n be­voordeelde posisie met betrekking tot gewasproduksie as gevolg van verhoogde aanvraag en kompeterende gewaspryse. Die potensiaal van nuwe uitvoermarkte na die Ooste wink ook vir produsente wat hierdie markte wil betree.

Philagro Suid-Afrika (SA), ’n filiaal van Sumitomo Chemical van Japan, het ’n passie om waarde aan die produsent te bied en ’n bydrae te lewer tot volhoubare landboupraktyke, in lyn met die be­skerming van die omgewing. As gevolg van die knellende behoefte van sojaboon- en sonneblomprodusente aan geregistreerde insette om gemiddelde opbrengs te verbeter, is Philagro SA besig om oplossings te ontwikkel en in plek te stel. Een van die oplossings wat kommersieel aangebied word, is EndoMaxx®, wat bestaan uit vier gespesialiseerde endomikorisa-swamspesies. Deur die gebruik van hierdie seleksie van mikrobes word effektiwiteit oor ’n diverse reeks verbouingstelsels en omgewingstoestande verleen.

Die mikorisa in EndoMaxx vorm ’n simbiotiese verhouding met die wortelsisteem van gasheerplante. Dit verseker ondersteuning deur verbeterde beskikbaarheid en opname van nutriënte en vog wat buite die bereik van plantwortels is, asook verbeterde grondstruktuureienskappe in die wortelsone. Toegang tot vog kan gedurende die komende seisoen in verskeie areas van kritieke belang wees as gevolg van die droër klimaatstoestande wat voorspel word en wat droogtestres op gewasse tot gevolg kan hê.

Uit jare se ontwikkelingsdata wat met goed gegronde wetenskap en goeie landboupraktyk gegenereer is, kom die opbrengsvoordele duidelik na vore wanneer EndoMaxx op sojabone en sonneblom aangewend word (Grafiek 1 en Grafiek 2). Die geregistreerde dosis van 10 g/ha is van toepassing en kan op sonneblom verdubbel word.

Grafiek 1: Opbrengs tussen die kontrole (plaasstandaard) en EndoMaxx-behandelinge uit sojaboonproewe in verskeie streke. Neem kennis dat alle proewe onafhanklik uitgevoer is.
Grafiek 2: Opbrengs tussen die kontrole (plaasstandaard) en EndoMaxx-behandelinge uit sonneblomproewe in verskeie streke. Neem kennis dat alle proewe onafhanklik uitgevoer is.

EndoMaxx se vermoë om sojaboon- en sonneblomopbrengste te verhoog, bevredig die behoefte van produsente om die gewas se gemiddelde opbrengstoename te verhoog en beteken aansienlike waardetoevoeging in inkomste. Bykomend tot die finansiële bydrae wat EndoMaxx-toedienings lewer, is die mikorisaspesies wat in die formulasie bevat word, essensieel tot die verbetering van grondgesondheid en dra dit noemenswaardig tot ’n algehele grondgesondheidstrategie by.

Die produk is teen ’n mededingende prys beskikbaar in gerieflike 20 ha- en 100 ha-verpakkings.

Raadpleeg die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings en beperkings.

https://philagro.co.za/product/endomaxx/