Beroking verhoed verliese

Eddie Engelbrecht, Degesch
Gepubliseer: 8 September 2020

1380

Beroking van jou graan in silo’s of enige vorm van opberging is uiters belangrik. Degesch adviseer opbergers aangaande beroking en adviseer en doen verwysings vir die oprigting van berokingstelsels in silo’s reg oor Afrika suid van die Sahara.

Swak of te min beroking lei tot groot verliese. Kalanders en graankewers boor binne in die graanpit in en lê hulle eiers daar. Skade wat kan lei tot verlies in massa word dus nie dadelik opgemerk nie. Afkeurings by die meulens weens insekte veroorsaak verdere verliese. Wanneer jy kalanders begin sien, is dit reeds te laat. Een wyfie lê 400 tot 2 000 eiers, waarvan die helfte geneties weer wyfies is, en voltooi ’n volledige lewensiklus binne 28 dae.

Maak dus seker dat jy skoon begin deur ou graan te verwyder of berook graan wat tans in opberging is. Spuit die leë silo vooraf met die korrekte kontakgif en berook tydens of net na ontvangste met Phostoxin. Installeer ’n sirkulasieberokingstelsel vir die beste resultate.

As jou handelstak nie die regte kontakgif of oorspronklike Phostoxin aanhou nie, kontak Degesch direk vir ons produkte wat in Duitsland vervaardig word.