- All
- COLUMNS
- EDITORIAL
- INPUT & PRODUCTION
- MARKETING
- NEWS
- Sponsored Content None
From barley to malt – the next step in creating beer
The barley industry contributes significantly to the South African agricultural sector, with barley being the most important small grain after wheat. The Southern and Northern Cape account for most of the local production, under dryland and irrigation respectively. Most of the barley produced locally is used by the beer-brewing industry. But before brewing can take place, the barley needs to be malted. SA Graan/Grain visited the SAB malting plant in Caledon to experience first-hand what the process entails. Malting Brewing is the process used to make beer and malt is the main ingredient. Malting is the conversion of raw grain […]
Grondbone: Só kan hektare meer word
Grondboonpryse, maar veral die prysontdekking van grondbone, was nog altyd ’n besprekingspunt in die bedryf. Graan SA is van mening dat indien produsente meer mededingende pryse of die waarde van wat grondbone werd is aangebied word, die produksie van grondbone plaaslik sal toeneem. Hierdie stelling word egter dikwels betwis as gevolg van die teenargument dat indien hoër pryse aangebied word, die res van die waardeketting mededingendheid en/of winsgewendheid sal verloor. Plaaslike produksie Suid-Afrika is tans ’n netto invoerder van grondbone aangesien plaaslike produksie nie aan die plaaslike vraag voldoen nie. Volgens ekonomiese teorie is die volgende waar: As daar ’n […]
Kanolakultivars presteer in uiters nat seisoen
Die afgelope seisoen in die Wes-Kaap is gekenmerk deur uitermatig hoë reënval wat die produksietoestande uitdagend gemaak het vir kanolaprodusente. Ten spyte van die strawwe toestande het Agricol se triasien-tolerante kultivars (TT) verwagtinge oortref met hul topopbrengste. Agricol se opwindende nuwe TT-kanolapakket bestaan uit Alpha TT, AGAstra TT, HyTTec Trophy, HyTTec Trifecta asook HyTTec Velocity wat die nuwe toevoeging is tot die reeds suksesvolle pakket. Die jaarlikse nasionale kultivarproewe het die opbrengspotensiaal van die TT-kultivars in die afgelope seisoen se moeilike produksietoestande beklemtoon. Swartland In die Swartland-kanolaproduksiegebied het Agricol se TT-kultivars soos volg presteer in die nasionale kultivarproewe: Alpha TT […]
GSA fokus vanjaar hierop
Ter voorbereiding van Graan SA se Kongres het daar gedurende Januarie en Februarie vanjaar 38 streeksvergaderings plaasgevind. Die vergadering in Streek 32, een van die winterreënstreke, wat op 24 Januarie in Swellendam plaasgevind het, is goed ondersteun. Tydens dié vergadering het die organisasie se fokusareas vir die jaar aandag geniet. Dit sluit in die ekonomiese volhoubaarheid van produsente asook om die betrokkenheid van jong produsentelede te verhoog om die breër ledebasis van Graan SA uit te brei. Die belangrikheid van effektiewe kommunikasie is ook uitgelig. Die byeenkoms het aan die produsente van Streek 32 die ideale geleentheid gebied om Graan […]
Om te verkoop … of nie?
Beste Grootneef Soos vir mielies en sojabone gaan die markpryse vir edelmetale ook op en af, maar nie noodwendig in daardie orde nie. As ’n mens vandag kon weet watter perd môre sou wen, was almal skatryk. Of wat die hoofberigte in môre se koerante sou wees – dan kon immers daarvoor beplan word. Maar dis nie hoe die lewe werk nie. Meestal vind ons in die Suidland saam met die res van die wêreld uit wanneer nuus reeds gebreek het. En dan is dit te laat om te koop of te verkoop. En soos die aardbol draai van dag […]
Dié gids maak netwerk maklik
Graan SA se inligtingsbylaag, die Graangids wat jaarliks in Afrikaans en Engels uitgegee word, is ’n onmisbare stuk gereedskap in enige graanprodusent se hand. Met praktiese en waardevolle inligting rakende saad, werktuie, toerusting, bemesting, onkruid- en plaagbeheer, diere en markte asook nuttige kontakbesonderhede van insetverskaffers, bly die Graangids hoog in aanvraag. Vir Derek Mathews, voorsitter van Graan SA, is die Graangids ook vir Graan SA ’n handige hulpmiddel om te verseker dat lede ingelig bly om volhoubaar vooruit te kan boer. “Met die Graangids het jy bykans die hele waardeketting in die palm van jou hand tot voordeel van jou […]
Vergeet die bure – bly eerder in pas met winsgewende praktyke
“Keeping up with the Joneses.” Hierdie spreekwoord word dikwels ligtelik gebruik, maar die beginsel om tred te hou met jou buurman kan ’n groot impak op landbou hê. Nuwe tegnologie is orals beskikbaar en produsente trap dikwels in die slagyster omdat hulle probeer byhou by die spreekwoordelike Joneses. Hierdie beginsel is soms van toepassing wanneer jong produsente saam met hul pa’s begin boer. Alles moet verander word en nuwe tegnologie moet in die besigheid ingekoop word. Dit kom egter teen ’n prys. Die gevaar is dat hierdie prys te hoog vir die boerdery kan raak en na ’n paar jaar […]
’n Mentor wat ander inspireer
Desember/Januarie se held: Daniël Pieters Agri Dwala (Edms) Bpk in die Napier-omgewing word besit en bedryf deur plaaswerkers wat boere geword het. Kosie van Zyl en Piet Blom het die Agri Dwala-program begin om as ’n baken van hoop te dien, met die doel om die gemeenskap te verryk. Hulle het plaaslike inwoners wat in boerdery belangstel, bemagtig en gehelp met grond- en vaardigheidsontwikkeling. Daniël Pieters (38) is een van hierdie suksesstories. Hy is nou die trotse mede-eienaar van Jafter Krantz, ’n 580 ha-plaas waar hy en sy vennoot, Marius Engel, koring, kanola, gars en hawer verbou. Hulle het ook […]
Klimaatstoestande problematies vir graanprodusente
Die weer wat die afgelope seisoen in die wintergraanstreke geheers het en huidige toestande in die somergraanstreke het ’n wesenlike ekonomiese impak op graanprodusente. In die wintergraanproduksiegebied is oormatige reën in sekere areas ontvang wat verliese in opbrengs tot gevolg gehad het en so finansiële druk op produsente geplaas het. In skrille kontras met die afgelope wintergraanseisoen, ervaar die somergraanproduksiestreke tans droogte. Die uiterste hitte en droë toestande het veroorsaak dat die oes baie vinniger versleg het as wat aanvanklik verwag is. “Ons het groot gebiede gesien waar die skade reeds onomkeerbaar is,” het dr Tobias Doyer, HUB van Graan […]
Farming must be a lifestyle, NOT A JOB
At the 2023 Phahama Grain Phakama (PGP) Day of Celebration, Zoliwe Nombewu (46) was announced as a finalist in the PGP Potential Commercial Farmer of the Year category. ‘You must adopt farming – it must be part of you who are,’ she said in a video interview which was shown at this award ceremony. Zoliwe was raised in a farming environment. Although her parents became farmers out of necessity, farming became her passion. Growing up there were not many jobs available in the area and for her parents farming became a means to support the family. Little did they realise […]
Rather lose sleep over the right things
El Niños are difficult to predict, and we are nervously watching the summer season playing out. Our winter grain producers had a tough season – they are battered, but still fighting. South African grain producers are the custodians of a very important responsibility and that is to put an affordable plate of food on the table of every South African, every day. Like all the responsibilities, we take this one very seriously. This is not an easy feat as producers grapple with pests, diseases, fluctuating input costs, and droughts, while cultivating the grains essential for our nation’s sustenance. In addition […]
Opbrengsresultate – só lyk ’23 se syfers
Gedurende 2023 is daar by vyf lokaliteite in die Swartland en Suid-Kaap kanolaproewe aangeplant. ’n Totaal van 18 kultivars is getoets. Die kultivars het bestaan uit vier konvensionele, vier Cl-kultivars (Clearfield, Imasamoks-tolerant), agt van die TT-groep (triasien-tolerant) en daar is ook kombinasietipe kultivars ingesluit wat oor beide die Cl- en TT-toleransie beskik (Enforcer CT en PY520 TC). Klimaat Die 2023-seisoen in die Swartland is gekenmerk deur ’n uiters nat periode vanaf 25 Mei tot aan die begin van Julie. September het heelwat meer reën as die langtermyngemiddeld ontvang, terwyl Oktober weer baie droog was. Die goeie reënval wat in September […]
Australië-besoek ’n belegging in kanola
Omdat die beskikbaarheid van kanolasaad ’n kroniese probleem in Suid-Afrika geword het, het Graan SA besluit om ’n afvaardiging na Australië te stuur aangesien byna alle kanolasaad wat in Suid-Afrika geplant word van Australië afkomstig is. Die kanolabedryf het in die afgelope jare aansienlik gegroei, maar het egter ook gesukkel om betroubare en tydige saadvoorraad te kry. Aangesien 100% van Suid-Afrika se kanolasaad ingevoer word, is dit ’n voortdurende stryd en risiko vir die bedryf as geheel om genoeg saad te kry. Graan SA se leierskap het saam met ander rolspelers in die kanolawaardeketting besluit dat ’n besoek aan Australië, […]
Robuuste groentjie “onttroon” berugte peulaalwurm
Dit het alles begin met ’n siek grondboonplant waarvan daar eintlik net foto’s geneem moes word om peulaalwurmskade te illustreer… Dit is die jaar 2016 en Suid-Afrikaanse nematoloë is op die punt om ’n nuwe boek uit te gee. Al wat in die oliesadehoofstuk kort, is ’n sprekende voorbeeld van skadesimptome wat deur die berugte peulaalwurm veroorsaak word. Beskadigde grondbone is versamel vir die foto. Die skade is uitermatig en die peule (en pitte) word na afloop van die foto verwerk net om vas te stel hoe erg die besmetting self is. Beskadigde peule het inderdaad gekrioel van die aalwurms, […]
Look after the most important part of the farm – you and your family
If you are a producer or working on a farm, you probably have many things on your mind all year round. As you juggle time between managing people, land, unpredictable weather and other demands, it is easy to forget to look after your own physical and mental health. Remember, though, that when you look after yourself, you look after your farm as well. Here are some ideas to keep you in top condition both physically and mentally. Medical check-ups Producers, like anyone else, should undergo routine medical check-ups to monitor their overall health to protect themselves and address any potential […]
Kanolasaad blyk genoeg te wees vanjaar
As produksie-inset maak saad ongeveer 15% tot 20% van ’n kanolaprodusent se produksiekosterekening uit. Alle kanolasaad wat in Suid-Afrika aangeplant word, word vanaf Australië, Kanada, Suid-Amerika of Europa ingevoer. Die voorsiening van genoeg saad is dus ’n uitdaging. Graan SA kommunikeer deurlopend met saadmaatskappye om seker te maak die regte kultivars is betyds teen die regte hoeveelhede beskikbaar. Tekorte is weer eens in 2023 ervaar, maar hopelik was dit die laaste seisoen waar dit ’n probleem sal wees. Kanolasaadinligting Geen kanolasaad word plaaslik vermeerder nie: Saadmaatskappye meen dat die plaaslike mark te klein is daarvoor en dat die vermeerdering van […]
Wes-Kaap: Gemiddelde produsenteprys vir insette bepaal
Soos in enige ander besigheid is dit belangrik dat produsente voortdurend hul produksiebegrotings monitor. Die 2023/2024-produksieseisoen het in April-maand afgeskop ná maande van uiterste pryswisselvalligheid in die landbouchemiese voorsieningsketting. Herstel van die Covid 19-pandemie, gevolg deur die konflik tussen Rusland en die Oekraïne, het produsente finansieel belas en voorsieningskettings geweldig ontwrig. Verhoogde markdeursigtigheid sal produsente bemagtig om goed ingeligte aankoopbesluite te neem wat die opbrengs op belegging maksimeer vir elke rand wat aan insette bestee word. Graanprodusente in die Wes-Kaap het deelgeneem aan ’n opname wat plaaslike insetpryse (produsentepryse) in vier verskillende areas vergelyk. Die resultate was as volg: Pryse […]
Two new cultivars added to varietal list
It is the time of year again to share the national groundnut cultivar trial results of the Agricultural Research Council (ARC). Registered and breeding line varieties were again under investigation. New accessions that were developed by the ARC’s breeding division were introduced to the 2022/2023 trials. The ARC is constantly busy developing new cultivars to meet the industry’s requirements. Thus two new cultivars were registered with the Registrar of Plant Improvement in terms of section 20 of the Plant Improvement Act, 1976 (Act No. 53 of 1976) and the listing of the following varieties – ARC 474 (PC 474-K9) and […]
Vooruitsigte vir grondboon- en kanolamarkte is wisselvallig
11/01/2024 Alhoewel grondbone en kanola as “kleiner” oliesade in die Suid-Afrikaanse graanmarkte beskou word, vervul dié gewasse tog ’n uiters belangrike rol vir plaaslike produsente. Hierdie gewasse word nie net plaaslik in klein maat geproduseer nie, maar ook op ’n wêreldskaal. Tabel 1 rangskik die totale wêreldwye produksie van elke soort graan. In vergelyking met byvoorbeeld mielies, koring en sojabone, word daar merkbaar minder grondbone en kanola geproduseer (hoewel kanola een van die “groter” oliesade is as dit kom by produksie). Die oliesaadmarkte is kompleks, met verskeie interafhanklike faktore wat prysstrukture beïnvloed. Sedert die begin van 2023 het die pryse […]
Lê eerder wakker oor die regte dinge
El Niño-verskynsels is moeilik voorspelbaar en ons wag in spanning om te sien hoe die somerseisoen afspeel. Ons wintergraanprodusente het ’n taai seisoen beleef – hulle het houe verduur, maar veg steeds voort. Suid-Afrikaanse produsente dra ’n uiters belangrike verantwoordelikheid en dit is om te sorg dat daar elke dag ’n bekostigbare bord kos op elke suid-afrikaner se tafel is. Soos al ons verantwoordelikhede, neem ons hierdie een baie ernstig op. Dit is nie ’n maklike taak nie, aangesien produsente worstel met peste, siektes, wisselende insetkoste en droogtes terwyl hulle die graan verbou wat nodig is om die nasie te […]
Kommunikeer só tydens beurtkrag op plase
Beurtkrag veroorsaak frustrasie vir die meeste huishoudings, maar vir produsente is daar ook verdere besigheids- en veiligheidsuitdagings om te trotseer. So het ’n gemeenskapskoerant vir die Hartbeespoort-omgewing byvoorbeeld onlangs berig dat besproeiingsprodusente in dié omgewing ongeveer 30% minder plant weens aanhoudende beurtkrag. Een van die grootste probleme waarmee produsente egter te kampe het, is die verwoestende impak wat beurtkrag het op die stabiliteit van netwerkverbindings. In 2022 het verskeie nuusberigte die impak onthul wat die kragkrisis op Vodacom en MTN, die grootste selfoonoperateurs in Suid-Afrika, se selfoontorings het. MTN het byvoorbeeld meer as 2 000 kragopwekkers ontplooi om die impak […]