Spotprent Augustus 2025

Gepubliseer: 4 Augustus 2025

555

Slakke (met en sonder doppe) veroorsaak tans beduidende skade aan gewasse in die Overberg-area. Volgens Piet Lombard van die Wes-Kaapse Departement van Landbou is dit veral die toringslak en die naakslak wat dié seisoen die meeste probleme ver­oorsaak. Omdat die naakslakke te diep onder die grond ingaan, werk slakpille wat op die grondoppervlak gestrooi word nie, en selfs ligte grondbewerking help nie om hulle te beheer nie. Hoewel die toringslak­ke kwesbaar is vir grondbewerking, is hulle kieskeurige eters en kruip eenvoudig bo-oor sommige van die pille, wat dit ’n reuse-uitdaging vir produsente maak om van hulle ontslae te raak.

Snails and slugs are currently causing significant damage to crops in the Overberg area. According to Piet Lombard from the Western Cape Department of Agriculture, it is the small pointed snail and the greenhouse slug that are causing the most trouble this season. Because the greenhouse slug goes too deep underground, slug pellets scattered on the surface cannot kill them, neither the scarification/light tillage of the soil cover. Although the small pointed snail is vulnerable to scarification, they are picky eaters and simply crawl over some pellets, making it an enormous challenge for producers to eradicate.