FERTASA se ONTTREKKINGSYFERS nuttig vir bemestingsprogramme

Gepubliseer: 1 Julie 2025

74
Pietman Botha,
SA Graan/Grain-medewerker

Plante gebruik beide toegediende en grondverskafde plantvoedsel. In die bepaling van die plantvoedselbe­nodighede (uit bemesting) vir ’n sekere opbrengs, moet die bydrae wat deur die grond gelewer kan word ook in aanmerking geneem word. In die Mielie-inligtingsgids (MIG) word die Delta-opbrengsbenadering wat gebruik kan word om die grond se stikstoflewering te meet, volledig bespreek.

Hierdie verband tussen die hoeveelheid bemesting benodig en behoeftes wat ontstaan deur verwydering van die plant vir ’n bepaalde stel grond/klimaatsomstandighede kan slegs deur navorsing bepaal word. Die verwyderingsyfers moet dus sinvol volgens beskikbare resultate aangepas word ten einde bemestingsprogramme te beplan. Hou ook in gedagte dat die syfers die onttrekking van ’n gemiddelde tot beter oes, wat dus nie tekorte het nie, aandui.

In die syfers vir die verwydering van plantvoedingstowwe soos deur Fertasa verskaf, word die gemiddelde waardes gegee. Hierdie syfers is nie 100% akkuraat nie, aangesien die kultivar asook klimaats- en ander faktore in aanmerking geneem moet word. Nogtans is dit uiters bruikbare inligting vir vinnige berekening van die bemestingsprogram.

Akkurate grondontledings – veral in ’n baie nat jaar soos vanjaar – asook die hulp en kennis van ’n goeie akkerboukundige moet gebruik word om die beste bemestings­program vir die boerdery op te stel.

In Tabel 1 en 2 word die plantvoeding­stowwe verwyder deur gewasse soos gepubliseer in 2016 se Fertasa-bemestingshandleiding aangetoon. Hierdie publikasie is beskikbaar by www.fertasa.co.za.

Kontak jou naaste kunsmisverteenwoordiger vir meer inligting of vir Pietman Botha by 082 759 2991.