SA GRAAN LOER IN BY ADVERTEERDERS

Gepubliseer: 4 Junie 2025

166
Christo van Wyk (verkoops­agent by Reinke aan die linkerkant), demonstreer die Shark Wheel. Dié innoverende produk, wat spoorvorming verminder, waterverspreiding verbeter en verhoogde doeltreffendheid bied, is tydens NAMPO vir ’n spesiale prys van slegs R15 000 aan­gebied.
Hoewel Alpha Insure ’n verskeidenheid versekerings­produkte bied, was dit hul spesialis-landbouversekering wat heelwat aandag getrek het. Die span by vanjaar se Oesdag was Gerhard Joubert, Garry Ferguson, Vaughn Schlooz, Sarita Bridle, Lester Botha en Evan Peters.
Jason Huntly van BPW Axles wys hoe taai die ERMAX LED-ligte is deur dit met ’n hamer te slaan. Die ligte is gemaak om rowwe werks­toestande te hanteer en is uitstekende be­ligting vir swaar­diens-sleepwaens.
By die Sparex Agri Parts Africa-stalletjie kon besoekers die nuwe Sparex Online-stelsel gebruik om hul bestellings te plaas en terselfdertyd voordeel trek uit ’n spesiale 10%-afslag wat tydens NAMPO aangebied is. Die span wat klante verwelkom en bygestaan het, was Deon Potgieter, Loggies van Loggerenberg, Richard Berner, Cornel van Loggerenberg en Johan du Plessis.
Hydac se Riaan Jacobs en Johan Stofberg het hul plek vol­gestaan om klante meer te vertel oor die maatskappy se modulêre elektro-hidrouliese stelsels, gevorderde stuurstelsels vir sleeptoerusting en roterende aandrywingstelsels wat hidrouliesemotorverrigting optimaliseer.
By Jooste Suier en Pomp se stalletjie wys produksiebestuurder Shaun Costigan (regs) aan ’n geïnteresseerde NAMPO-ganger hoe die nuwe HDPE Highflow-klep werk. Dié produk was nuut by NAMPO en is ontwerp vir betroubare vloeistofbeheer in landbou- en industriële toepassings.
Die Noordwes-Universiteit het hul landbouprogramme en akademiese kwalifikasies aan besoekers bekendgestel. Ruan Meyer en Morena Tsotetsi (tweede van regs), twee van die universiteit se bemarkers, is hier saam met Mathepe Kgasago en Luis Lerefolo, albei besig met hul BSc-graad in Dieregesondheid aan die instelling.
Die Electrolee-span – Martin Nel, Hein Krugel en Jan van Heerden – staan gereed om klante te verwelkom by die “tuiste van plantermonitors”. Electrolee is ’n toonaangewende verskaffer van presisielandboutegnologie wat betroubare plantermonitors en moniteringstelsels aan produsente landwyd bied.
Frans van Teffellen van Teejet SA verduidelik aan Mac Nel hoe die Carbon Bee-stelsel werk – ’n gevorderde beeldanalise-instrument wat gewasgesondheid en planttoestande in reële tyd monitor om presisieboerdery te verbeter.