Suid-Afrika het een van die mees diverse, modernste en produktiefste landbousektore in Afrika. Suid-Afrikaanse produsente neem leiding met die implementering van tegnologie en die verhoging van produktiwiteit. Verskeie aspekte plaas druk op die winsgewendheid van die produsent, met een daarvan die stygende koste van meganisasie.
Graan SA en Nexus Transmission Components het ’n ooreenkoms aangegaan om vir opbetaalde Graan SA-lede ’n spesiale voordeel op produkte te bied. Nexus bied ’n wye reeks meganiese komponente aan vanuit die Mädler-produkreeks, die oudste vervaardiger van meganiese komponente in die wêreld (sedert 1882). Hierdie maatskappy het reeds ’n baie sterk verspreidingsnetwerk wat ontwikkel is vanuit hulle hoofkantoor in Stuttgart, Duitsland. Nexus het na Mädler, ’n familiebesigheid, uitgereik as primêre produkverskaffer. Ander vennote na wie Nexus uitreik om die landbougemeenskap van betroubare produkte te voorsien, is ook familiebesighede.

Die voordeel van Mädler as verskaffer is hul leweringskapasiteit. Ongeveer 96% van alle produkte is dadelik beskikbaar. Die vervaardiging vind in Duitsland en China plaas, voldoen aan Duitse kwaliteitstandaarde en -kontrole en is DIN 9001-gesertifiseerd.
Nexus se waardeaanbod aan Graan SA-lede sluit ook Sanok Rubber en Movendis se landbou-beltreekse in wat ’n alternatiewe belt van hoë kwaliteit vir ’n wye reeks stroperfabrikate bied.
Uitdagings
Verskeie bestaande uitdagings in die bedryf wat nie noodwendig tot voordeel van die landbougemeenskap is nie, is deur Nexus geïdentifiseer. Hier volg ’n paar voorbeelde:
- Laekwaliteitprodukte wat teen hoëkwaliteitprodukte se pryse verkoop word;
- die gebrek aan bekendstelling van nuwer en beterkwaliteit- meganiese produkte; en
- ’n gebrek aan opsies weens monopolie in die marksegment.
Nexus het die afgelope paar maande van Graan SA se streeksvergaderings bygewoon om die voordeel aan lede bekend te stel. Hul waardeaanbod aan opbetaalde Graan SA-lede het reeds vir lede in die Lichtenburg-omgewing besparings gebied. Met verwysing na drie Graan SA-lede in die omgewing en ’n totaal van tien transaksies het die lede ’n gesamentlike besparing van meer as R16 000 gehad, hoofsaaklik op aankope van laers (bearings). Terugvoer van die Graan SA-lede rakende die kwaliteit van die produkte was positief en almal was tevrede met die prestasie van die laers.

Hierdie besparing by Nexus is slegs van toepassing vir opbetaalde Graan SA-lede. Dit is belangrik om tydens ’n navraag te noem dat dit van ’n Graan SA-lid kom. Verifiëring en bevestiging van opbetaalde lidmaatskap word deur Graan SA gedoen, en slegs na bevestiging is die voordeel van toepassing.
Nexus wil graag seker maak die produkontwikkeling voorsien in die behoeftes van Graan SA-lede en dat die kwaliteit aan die verwagtinge van lede voldoen. Kontak ons gerus by 060 664 8776, besoek ons webwerf by www.nexustc.co.za of stuur ’n e-pos na info@nexustc.co.za.