VOORWAARTS MARS!

Rentia Mynhardt, SA Graan/Grain-redakteur
Gepubliseer: 15 April 2025

110

Gedurende die pas afgelope Kongres was daar skommelinge in Graan SA se bestuur nadat Derek Mathews na vyf jaar die voorsitterstoel aan Richard Krige, graanprodusent van Caledon, oorhandig het. Die portefeuljes van visevoorsitterskap word voortaan gevul deur Jeremia Mathebula en Danie Minnaar.

Nuwe Raadslede wat aangewys is om voor te vat vir die nuwe termyn is soos volg: Koos Bezuidenhout (Streek 2), Ewald Klingenberg (Streek 14), Pieter-Albert Botha (Streek 20), Gerdus Bester (Streek 21), Jacques van der Merwe­ (Streek 24), Koos Blanckenberg (Streek 26), William Raphoto (Streek 28) en Shadrack Mbele (Streek 31).

Alle sterkte met die nuwe verantwoordelikhede!

Richard Krige, nuutverkose voorsitter van Graan SA.