SOILL kry spesiale dankie vanaf Graan SA

Rentia Mynhardt, SA Graan/Grain-redakteur
Gepubliseer: 15 April 2025

489

Graan SA het tydens sy jaarlikse Kongres hulde gebring aan SOILL vir sy bydrae om kanola sedert 1993 as alternatiewe kontantgewas in die Suid- en Wes-Kaap te vestig.

Opbergings- en verwerkingsfasiliteite word as rugsteun vir produsente daargestel terwyl surplusse aan die uitvoermark gelewer word. Verder verseker die B-well-handelsmerk met ’n uitgebreide bemarkings­netwerk dat plaaslik geproduseerde kanola­produkte van uitstaande gehalte aan die plaaslike mark gelewer kan word.

Doen so voort!

Kellie Becker (links), hoof- uitvoerende beampte van SOILL, ontvang die eerbetoon vanaf Rossouw Swart, Graan SA-Raadslid van Streek 32, tydens die Kongres.