Bydraes by Kongres vereer

Rentia Mynhardt, SA Graan/Grain-redakteur
Gepubliseer: 15 April 2025

87
Die Koster-skild word jaarliks aan die skrywer van die beste reeks artikels in SA Graan/Grain toegeken. Vanjaar gaan die skild aan ds Koos Kirsten wat maand na maand die tydskrif met sy Uit die Woord-rubriek inlui. Hierdie artikelreeks maak dit duidelik waar Graan SA se fondament lê.
Landbouskrywers SA wys jaarliks ’n spreker aan wat tydens Kongres die beste bydrae van die vloer af gelewer het. Vanjaar se prys word toegeken aan Dale van Aardweg van Streek 14, wat die huidige benarde situasie in KwaZulu-Natal vir Kongresgangers geskets het. Saam met hom op die foto is dr Tobias Doyer, Derek Mathews en Jeremia Mathebula, wat hom gelukgewens het.
Die redaksiekomitee stem jaarliks vir die beste artikel in SA Graan/Grain. Jaco Breytenbach, voorsitter van die redaksie, het Boerneef se “Die berggans het ’n veer laat val” met die situasie in landbou vergelyk en opnuut uitgelig dat al die onderskeie “vere” in landbou die “landbou-gans” in die lug hou en dat Suid-Afrikaanse landbou elke “veer” nodig het. Pietman Botha en Michael van Rooyen se artikel, “Hanteer die finansiële effek van El Niño en skuld só”, het met die prys weggestap. Op die foto is Jaco Breytenbach (links) en Pietman Botha.